fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van openbare werke en infrastruktuur sal kwarantyn-geriewe drasties moet opskerp

"Omstandighede by kwarantyn-geriewe wat die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, geoormerk het vir die Covid-19-pandemie, sal drasties verbeter moet word," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Minister De Lille het reeds verlede maand tussen 37 tot 52 persele geïdentifiseer wat insluit staatsgeboue, hotelle, vakansie-oorde en hospitale. Dit is egter nog nie bekend waar al hierdie geriewe geleë is nie en die probleem ontstaan nou dat dit wil voorkom of van hierdie plekke nog nie gereed is om hul doel ten volle te dien nie.

 

"Die VF Plus het sedert verlede Saterdag klagtes ontvang oor geriewe by die D’Nyala-natuurreservaat in Lephalale, Limpopo, die Harry Surtie-hospitaal in Upington, die Eiland-vakansieoord in Upington en gister by die MDR TB-eenheid in Modimolle in Limpopo."

 

 

"Klagtes het gewissel van water en kos wat nie beskikbaar was nie, tot plekke wat vuil is en kos wat oneetbaar is. Die VF Plus het die klagtes deurgegee aan die departement en die van ministerie van gesondheid en het goeie terugvoer gekry. Daar is telkens vinnig opgetree om die probleme op te los.

"Dit wil egter voorkom of die departement van openbare werke en infrastruktuur nie genoeg aandag aan die geriewe geskenk het nadat dit geoormerk is as kwarantyn-sentrums nie en nie die nodige inspeksies gaan doen het om seker te maak dit voldoen aan die vereistes nie.

 

"Die VF Plus spreek die hoop uit dat minister De Lille daadwerklike aandag aan die probleem sal skenk en dat dit nie nodig sal wees om klagtes vanaf pasiënte en die publiek daaroor te ontvang nie."

 

"Aandag moet nou aan hierdie geriewe geskenk word sodat dit gereed is vir indien daar ‘n skielike toeloop van pasiënte is," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.