fbpx
Vryheidsfront Plus

Bethal-waterkrisis sloer weens geen onderhoud aan kragopwekker

Die inwoners van Bethal in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMLM) wat al vir maande onder watertekorte ly, word nou verder gestraf deur die onvermoë van Randwater om 'n noodsaaklike kragopwekker te herstel.

Die munisipaliteit sluit die dorpe Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda en Trichardt in.

Die kragopwekker by die Trichardt-pompstasie wat ook water aan die Bethal-gemeenskap en skoolkoshuise verskaf, is al vir langer as 'n maand buite werking.

Dit neem etlike ure om die reservoirs van Bethal op te vul vanaf die Trichardt-pompstasie.

Die laagliggende dele van Bethal kry eerste water en daarna die hoogliggende gebiede.

Die waterstelsel kan nie gestabiliseer word nie aangesien die aanhoudende beurtkrag dit tans nie toelaat nie.

Indien die water egter gereeld gepomp word, kan al die woongebiede van Bethal terselfdertyd water kry.

Randwater laat die inwoners in die steek en kan nie 'n maand neem om 'n diensverskaffer te kry om die kragopwekker te herstel nie.

Intussen het daar nou ook 'n waterklep begin lek op die hoofwaterpyplyn tussen Trichardt en Bethal weens die wisselende waterdruk. Die munisipaliteit is verantwoordelik vir die herstel van die waterklep.

Die VF Plus sal druk uitoefen op Randwater en die GMLM om die kragopwekker en waterklep so spoedig moontlik te herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.