fbpx
Vryheidsfront Plus

Beloftes van brandweerwaens vir Dipaleseng realiseer nie

Beloftes van Mpumalanga se departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) dat twee brandweerwaens vanaf 1 Mei aan die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) beskikbaar gestel sou word, het net lippetaal gebly.

Die munisipaliteit beskik die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa wat in 'n werkende toestand is nie.

Aan die einde van verlede week het 'n huis in Balfour afgebrand ten spyte van die gemeenskap se pogings om dit te red.

Rampbestuur in die munisipaliteit is in ‘n haglike toestand met geen voertuie, minimale personeel en geen brandbestrydingstoerusting nie.

Die VF Plus het vroeër hierdie jaar kritieke vrae gerig aan die LUR vir Cogta, me. Busisiwe Shiba, om nader besonderhede oor dié gebrekkige rampbestuur te bekom.

Dit het gevolg nadat 'n brand by die plaaslike Eskom-substasie ook deur die gemeenskap self geblus moes word.

Me. Shiba het bevestig dat daar 'n rampbestuurskrisis aangaande brandweerdienste is en het genoem dat die departement met onderhandelinge besig was om twee brandweerwaens vir die munisipaliteit te huur.

Die brandweerwaens sou vanaf 1 Mei beskikbaar gewees het, maar die belofte het nie gerealiseer nie.

Die munisipaliteit dra ook geen kennis van die sogenaamde reëling nie.

Die feit dat hierdie dienste al vir vier jaar nie beskikbaar is wanneer dit benodig word nie, is nalatigheid van die grofste aard en iemand moet aan die pen ry daarvoor voordat brande tot lewensverlies en verdere eiendomskade lei.

Die munisipaliteit het 'n wetlike verpligting om brandbestrydingsdienste aan sy inwoners te lewer.

Die VF Plus sal die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat vir hierdie noodsaaklike dienste verantwoordelik is, oorweeg.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.