fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC hou partytjie onder vaandel van Mangaung-metropolisie se bekendstelling

Die langverwagte bekendstelling en parade wat gereël is vir die Mangaung-metropolisie by die Toyota-stadion in Bloemfontein vandag, is uitgestel weens dreigemente van die publiek dat die verrigtinge ontwrig sal word indien daarmee voortgegaan word.

Die meeste inwoners van die Mangaung-metro is nie ten gunste van die metropolisiediens nie synde baie van die lede wat aangestel is, ‘n misdaadgeskiedenis het. Miljoene rande is ook vermors om voertuie aan te koop en omstredenheid heers ook oor die aangestelde kommissaris Israel Kgamanyane.

Dit wil egter voorkom asof daar wel steeds vandag ‘n geselligheid gehou is by die stadion op die belastingbetalers van Mangaung se onkoste. Na bewering is die partytjiegangers ANC-kaders en munisipale amptenare.

Die VF Plus was van meet af sterk gekant daarteen dat die bankrot Mangaung-metro in die eerste plek ‘n geselligheid wou reël vir ‘n metropolisiediens wat nie funksioneer nie en vind dit onaanvaarbaar dat, terwyl ANC-kaders na bewering partytjie hou, inwoners ly onder swak dienslewering en ‘n gebrek aan polisiëring.

Die VF Plus gaan ondersoek instel oor wat die geselligheid gekos het en sal alles in sy vermoë doen om te verhinder dat ‘n nuwe bekendstellingsfunksie gereël word.

Die Manguang-metro se finansies is in ‘n warboel en daar is nou nog geen duidelikheid oor hoe die metro die nuwe polisiediens gaan bekostig nie.

Inwoners moet op 1 November saam met die VF Plus opstaan, saamstaan en die onbevoegde en korrupte ANC uit die Mangaung-metroraad verwyder. Die verval moet gestop word.

Navrae: 082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.