fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC en EFF vernietig saam die parlement

Tussen die ANC se misbruik van sy meerderheid om pres. Jacob Zuma te beskerm en die EFF se onderneming om ‘n revolusie na die parlement te bring, het die hoogste platform vir gesprek in die land byna stil geword, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het in die debat oor die herstel van die beeld van Suid-Afrika se parlement, die skuld vierkant op die skouers van dié twee partye gepak. Wat die EFF aanbetref, het dr. Mulder gesê die tyd het aangebreek dat die salarisse van dié party se lede hul ontneem moet word weens die ontwrigting.

In sy toespraak het dr. Mulder na die huidige situasie verwys as die ‘perfekte storm’ wat reeds in die vierde parlement geskep is deur die ANC in ‘n poging om pres. Zuma te beskerm. Die EFF kon dié situasie opportunisties uitbuit vir die doeleindes van sy beplande ontwrigting van die parlement.

“Die woord parlement kom van die Franse woord ‘parler’ wat beteken om te praat. Hier moet ons praat en mekaar deur argumente tot ander insigte probeer bring. Nie ‘n plek waar mense op mekaar skreeu en die proses ontwrig nie.

“Die EFF is besig om demokrasie te misbruik om ons grondwetlike demokrasie te vernietig. Dit dien geen doel om hulle elke keer uit te gooi nie. Vat aan hul beursies as hulle dit weer doen.

“Die ANC het die probleem geskep. Dit is bevestig deur die Grondwethof wat bevind het die parlement het onwettig opgetree het in die Nkandla-sage.

“Die ANC-regering moet besef die parlement behoort nie aan die meerderheid nie. Dit behoort aan alle partye wat die mense van Suid-Afrika verteenwoordig,” het dr. Mulder gesê.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.