fbpx
Vryheidsfront Plus

Aanpassingsentrum vir voormalige misdadigers in woongebied nie aanvaarbaar

"Die VF Plus sal alle moontlike prosesse volg om te keer dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) ‘n beplande halfweghuis vir voormalige misdadigers in Universitas in Bloemfontein vestig," sê Armand Cloete, VF Plus-woordvoerder

Die DKD het Dinsdag aan inwoners van Universitas kennis gegee van sy voorneme om die halfweghuis vir gevangenes in die woonbuurt te ontwikkel. Die halfweghuis vorm deel van die departement se rehabilitasieprogram om gevangenes wat vrygelaat moet word, weer terug in die gemeenskap te plaas.

Volgens die departement het die eienaar van die huis besluit om sy huis vir die doel te omskep. Inwoners is Dinsdagaand as deel van ’n openbare deelnameproses van die ontwikkeling in kennis gestel.

"Die VF Plus is van mening dat inwoners meer seggenskap oor hul gemeenskappe moet hê. Indien die gemeenskap gekant is teen die ontwikkeling van die halfweghuis, het die DKD nie ‘n ander keuse om die beplande ontwikkeling van die halfweghuis te staak nie.

"Universitas word reeds die afgelope tyd deur misdaad geteister en inwoners het volle reg om gekant te wees teen die huis wat naby skole en ‘n ouetehuis geleë is. Die persone is immers steeds nie gerehabiliteer om aan te pas wanneer hulle in die huis opgeneem word nie

"Inwoners het wel nog die geleentheid om beswaar aan te teken tydens ‘n openbare vergadering hieroor op 29 Mei by die Dr. Bohmer-skool om 18:00. Die VF Plus sal ook dan amptelik beswaar aanteken om te verseker dat die Universitas-gemeenskap veilig kan voel.

"Die VF Plus sal die minister van korrektiewe dienste amptelik versoek om aan te dui of haar departement gemeenskapsinsette in dié verband in ag neem en of die halfweghuisprogram suksesvol is," sê Cloete.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.