fbpx
Vryheidsfront Plus

Aanhitsing van geweld in enige vorm, teen enigiemand, is onaanvaarbaar

Die VF Plus het vandag ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ‘n Twitter-profiel met die naam @BLudidi, die eienaar waarvan aan ons bekend is. Hierdie profiel het onlangs in reaksie op ‘n vorige tweet gevra of witmense nie maar "werklik" doodgemaak kan word nie (“Can’t we kill them for real”).

"Aanhitsing van hierdie aard teenoor 'n persoon van enige ras, klas, geslag of seksuele oriëntasie, is totaal onaanvaarbaar," sê Heloïse Denner, VF Plus-LP.

"Sosiale media-plasings rondom die korona-aangeleentheid word skerp gepolisieër en met boetes of selfs tronkstraf bestraf. Dit is daarom tyd dat plasings wat spesifiek daarop gerig is om rassegeweld aan te hits, oor dieselfde kam geskeer word.

"Ons leef in ‘n tyd van geweldige onsekerheid wat die Covid-19-pandemie, die verswakte ekonomie, werkloosheid, swak politieke leierskap aan regeringskant, rassisme en groeiende spanning in gemeenskappe regoor die wêreld meebring. Openlike woorde van haat en aanhitsing tot geweld kan daarom nie geduld word nie.

 

"Vryheid van spraak moet met verantwoordelikheid gepaard gaan."

 

"Die VF Plus het ook die profiel by Twitter self gerapporteer en het versoek dat ander gebruikers dit ook doen," sê Denner.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.