Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Amerika plaas sy probleme met Suid-Afrika op die tafel en maak dit duidelik dat hy mik na “beleidsveranderinge”

Amerika het nou duidelik uitgespel wat die “probleme” is wat hy met Suid-Afrika het en dat die Amerikaanse regering deur “diplomasie” daarna mik om “beleidsveranderinge” in Suid-Afrika teweeg te bring. Onteiening sonder vergoeding en Suid-Afrika se “vyandige houding” teenoor Amerika en sy bondgenote is hoog op dié lys. Me. Tammy Bruce, ‘n woordvoerder van Amerika […]

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan ʼn nuwe winkelsentrum in Meyerton heel moontlik minder gewees het. Die Riverstone Mall het Sondag oorstroom na swaar reënval. Die skade gaan die ontwikkelaars derduisende uit die sak jaag. Die […]

ANC en sy beleid oorsaak van Vrystaat se begrotingsdruk

Solank die ANC die regerende party van die Vrystaat bly, sal daar nie groei in die provinsie wees nie en sal die begrotingsdruk in die provinsie aanhou toeneem. Dit is duidelik uit die Vrystaatse begroting wat die LUR van finansies, Ketso Makume, vandag ter tafel gelê het. Weens die nasionale fiskale druk en swak ekonomiese […]

Gautengse begroting: Niks sal verbeter sonder buitelandse beleggings en beleidshervorming

Die Gautengse LUR vir finansies, Lebogang Maile, het ‘n ambisieuse begroting voorgelê binne ‘n verswakkende ekonomiese omgewing en voorsiende begrotingstekorte. Die doelwitte van die begroting om ekonomiese groei te ontsluit, sal egter nie realiseer indien die provinsiale regering nie daarin slaag om wesenlike buitelandse beleggings na die provinsie te lok nie. Op sy beurt is […]

VF Plus eis ferm optrede teen taxibestuurders wat hoofroetes in Matlosana versper

Daar moet nou sterk opgetree word teen taxibestuurders wat byna al die hoofroetes na Klerksdorp, Orkney en Stilfontein versper met ‘n onwettig-georganiseerde protesoptrede. Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het aan die direkteur van gemeenskapsveiligheid in die munisipaliteit, mnr. KD Boikanyo, gesê dit kan nie geduld word nie. Dit is onaanvaarbaar dat die hele […]

Strate in Northam omskep in rioolriviere

Weens die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom het die kragverskaffer die krag voor die afgelope naweek na Northam se rioolpomp afgeskakel. Dit het daartoe gelei dat riool die strate in rioolriviere omskep het – ook om die winkelsentrum wat veral oor naweke baie besig is. Ná druk van die VF Plus op die speaker […]

Thabazimbi: VF Plus verwerp aanstelling van omstrede munisipale bestuurder

Die VF Plus verwerp die aanstelling van Gopolang Clement Letsoalo as die nuwe munisipale bestuurder van die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit (Northam, Leeupoort, Rooiberg). Die aanstelling van die omstrede Letsoalo is duidelik politiek-gedrewe. Letsoalo, ‘n voormalige munisipale bestuurder van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit in Noord-Wes, is op 7 Augustus 2024 uit sy posisie geskors omdat hy na bewering […]

Amerika trek streep in sand met Rasool en Suid-Afrika

Amerika het duidelik ‘n finale streep in die sand getrek toe hy Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, sonder seremonie uit die land geskop het. Die boodskap van Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, dat Rasool “PERSONA NON GRATA” is en daar niks meer is om met hom te bespreek nie, is […]

Kabeldiewe slaan toe op Pretoria-Moot

Kabeldiewe het die afgelope week op woonbuurte in Pretoria-Moot toegeslaan en huishoudings vir dae sonder krag gelaat. Veral Rietfontein, Gezina, Capitalpark en Wonderboom-Suid is geteiken. Oorhoofse kragkabels is deesdae kabeldiewe se fokus. Hulle gooi vermoedelik ʼn tou oor die kabel wat die kragpaal aan die huis se dak verbind. Die tou word dan aan ʼn […]

Gelykheid vir vroue gaan een tree vorentoe en twee treё terug

(Parlementsdebat: Internasionale Vrouedag) Die historiese agterstand van vroue in die Suid-Afrikaanse samelewing is nog lank nie uitgewis nie. Dit is tewens – nieteenstaande goeie bedoelings wat vroueregte aanbetref – steeds ‘n geval van een tree vorentoe en twee treё terug. Ware geslagsgelykheid beteken gelyke geleenthede, nie gelyke uitkomste nie. Dit beteken ware bemagtiging deur behoorlike […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.