fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika kan nie toelaat dat China sy buitelandse beleid bepaal

Die feit dat Suid-Afrika Taiwan opdrag gegee het om sy “ambassade” uit Pretoria na Johannesburg te verskuif en dit as ʼn handelskantoor te bedryf, wys dat die ANC onbeskaamd toelaat dat China sy toutjies trek wat buitelandse beleid aanbetref. Die ANC het hierdie besluit geneem sonder om sy vennote in die regering van nasionale eenheid […]

VF Plus eis optrede van UP ná Malema geweld op kampus aanhits met “Kill the Boer”

Julius Malema se aanhitsing van studente by die Universiteit van Pretoria (UP) met die sing van die haatlied “Kill the Boer” is onaanvaarbaar en die VF Plus dring daarop aan dat daar teen die EFF-studentevereniging, die EFFSC, opgetree word. Ek sal ʼn skrywe rig aan die rektor en visekanselier van die universiteit, prof. Francis Petersen, […]

VF Plus-leier in Limpopo oorlede

Die VF Plus het met skok en leedwese verneem van die skielike afsterwe gisteraand van Marcelle Maritz (LPW), die party se provinsiale leier en LPW in Limpopo. Marcelle was wyd bekend in Limpopo en haar afsterwe is nie net ʼn verlies vir haar geliefdes en familie nie, maar ook vir die VF Plus en haar […]

Erfenisdag kan nie inklusief wees indien diversiteit nie gevier word nie

Hoe meer daar gepraat word oor Erfenisdag en begrippe soos eenheid in diversiteit, hoe verder dryf Suid-Afrika se mense uitmekaar omdat daar nie ʼn ware poging is om diversiteit te erken en omarm nie. Die ANC-regering se poging om ʼn sosiale konstruk vir Suid-Afrika met ʼn inklusiewe mantel te klee, verydel enige poging om waarlik […]

Druk oor Bela laat president terugkeer na gesprekvoering

Pres. Cyril Ramaphosa het vandag wel die Bela-onderwyswet onderteken, maar druk vanuit verskeie oorde en die rol van partye soos die VF Plus in die regering van nasionale eenheid (RNE), het daartoe gelei dat daar vir nog drie maande gesprekvoering gaan wees voordat die wet in werking gestel word. Die VF Plus verwelkom die besluit […]

DA- en VF Plus-partyleiers verbind hulle daartoe om Wes-Kaapse koalisies te stabiliseer

(Gesamentlike verklaring van VF Plus en DA oor koalisies in die Wes-Kaap) Die nasionale partyleiers van die DA en VF Plus, mnr. John Steenhuisen en dr. Pieter Groenewald, het vandag vergader om die koalisies in die Wes-Kaap te bespreek. Die partyleiers stem saam dat wankelrige plaaslike ANC-koalisieverhoudings tot nadeel van die onderskeie gemeenskappe is en […]

Behoud van gesoute joernaliste by Media24 goeie nuus

Die VF Plus is dankbaar dat redelikheid en goeie oordeel geseëvier het in Media24 se besluit dat geen koerantjoernalis as deel van die groep se beoogde herstrukturering, afgelê gaan word nie. Sonder gesoute en deurwinterde joernaliste kwyn die soeke na waarheid en die openbaarmaking van ongerymdhede. Geen prys is te hoog vir akkurate en geloofwaardige […]

Suid-Afrika se skip moet in almal se belang vaardig gehou word

Indien die Suid-Afrikaanse skip sink, sink almal in die land daarmee saam. Ongeag aan watter party jy behoort. Daarom is dit in almal se belang om daartoe by te dra om die skip vaardig te hou. Om hierdie rede was die VF Plus se slagspreuk in die pas afgelope verkiesing: “Herstel en bou”. Dit wys […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.