Soek Resultate - "Waterkrisis"

Elke huis moet ‘n water-opgaartenk hê

2019-11-14
Mnr. Piet Mey

(Debat in parlement: Suid-Afrika se groeiende waterkrisis)

 

Die ou gesegde dat die volgende wêreldoorlog nie oor beleidsverskille of grondgebied gevoer gaan word nie maar oor water, is welbekend. Ewe belangrik is die feit dat water nie hergebruik kan word as daar niks meer oor is nie. ... Lees verder


Elke huis moet ‘n water-opgaartenk hê

2019-11-14
Die Redaksie

"Die ou gesegde dat die volgende wêreldoorlog nie oor beleidsverskille of grondgebied gevoer gaan word nie maar oor water, is welbekend. Ewe belangrik is die feit dat water nie hergebruik kan word as daar niks meer oor is nie. Dan is dit te laat vir trane," sê Piet Mey, VF Plus-LP en... Lees verder


Antwoorde moet nou gevind word op waterkrisis

2019-11-27
Armand Cloete

Die interministeriële komitee op dienslewering moet sonder verwyl die impak van waterlekkasies en vermorsing by munisipaliteite ondersoek en oplossings op elke regeringsvlak vind om water te bespaar.

Dit is kritieke belang om nou daadwerklike antwoorde te vind op die droogte en waterskaarste... Lees verder


VF Plus plaas Mangaung-metro op terme

2019-11-28
Wouter Wessels

Bloemwater het skriftelik bevestig dat hy weier om water vanaf die Rustfonteindam na die Mockesdam vry te stel weens die metro se wanbetaling van sy maandelikse rekening die afgelope drie maande. Krane kan moontlik reeds vanaand in die noorde van Bloemfontein opdroog.

Daar word tans geen rou water ... Lees verder


Rustfonteindam se sluise oopgemaak na volgehoue druk van VF Plus

2019-11-29
Wouter Wessels

Die VF Plus het gister prokureursbriewe aan die Mangaung-metro en Bloemwater gestuur. Die metro is op terme geplaas en die VF Plus het die partye tot vandag kans gegee om 'n oplossing te vind vir waterkrisis en die sluise van Rustfonteindam oop te maak.

Die metro het vanoggend op die... Lees verder


Water-“meesterplan” het geen begroting en is daarom nutteloos

2019-12-06
Mnr. Fanie du Toit

Hoe groter die waterkrisis in Suid-Afrika raak, hoe duideliker blyk die ANC se onvermoë om dié lewensbedreigende krisis te bestuur.

Die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, het vandeesweek erken die meesterplan vir die aanpak van die waterkrisis in Suid-Afrika, soos... Lees verder


Krugersdorp en omgewing in waterkrisis weens wanbestuur

2020-01-30
Me. Amanda de Lange

Terwyl die hele Gauteng groot watertekorte ondervind, is Krugersdorp en omliggende dorpe wat as die grootste watervermorsers in die provinsie gereken word, in 'n waterkrisis gedompel weens jarelange wanbestuur.

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit kry sedert 2016 elke jaar 'n ongekwalifiseerde ... Lees verder


Sluimerende waterkrisis groot bron van kommer in Matjhabeng

2020-03-10
Susan Taljaard

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se sluimerende waterkrisis hou moontlike grootskaalse gesondheidsrisiko’s vir inwoners in. Terwyl die res van Suid-Afrika voorsorg teen die koronavirus tref deur gereeld hande te was,... Lees verder


Waterkrisis in Mogalakwene-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) kort dringend aandag

2020-06-02
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus), Beverley Gunqisa, gevra om dringende ingryping in die munisipaliteit se waterkrisis.

Watervoorsiening aan inwoners van die munisipaliteit en omliggende ... Lees verder


Zeerust-inwoners ontsteld oor “vrot” water

2020-06-19
Karlien Venter

Die VF Plus is sedert Donderdag oorval met klagtes van inwoners van ‘n gedeelte van Zeerust oor ‘n ondraaglike stank in hul drinkwater. Die munisipaliteit het eers vanmiddag (19 Junie) aandag aan die probleem gegee na herhaalde versoeke van die VF Plus aan die munisipale bestuurder,... Lees verder


« 1 2 »