Soek Resultate - "Waterkrisis"

Swak bestuur lei na waterlose naweek vir Nala en Matjhabeng

2021-02-12
Armand Cloete

Die swak bestuur van ANC-munisipaliteite en Sedibeng Water het vir die soveelste keer tot gevolg dat inwoners van die Matjhabeng- (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) en Nala-plaaslike munisipaliteite (Bothaville, Wesselsbron) nie water beskikbaar het nie.

Die... Lees verder


Is Kimberley se water al so vuil dat visse straat toe vlug?

2021-02-24
Kobus van den Berg

Almal soek antwoorde oor die visse in Kimberley se strate. Vir die VF Plus sou dit nie vergesog klink indien die rede die stad se vuil water was waarvan die visse probeer ontvlug nie. Die munisipale bestuurder van die Sol Plaatjie-plaaslike munisipaliteit, Boy Dluwayo, pak op sy beurt die skuld op... Lees verder


VF Plus verwelkom verwikkeling oor water in Hartswater en Jan Kempdorp na optrede

2021-02-25
Theo Joubert

Die VF Plus het ‘n skrywe aan die munisipale administrateur van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit gerig oor waterprobleme in Hartswater wat ooglopend nie geskik is vir menslike gebruik nie. Dit het nou gelei tot ‘n verslag wat in die raad ter tafel gelê is en ʼn besluit wat... Lees verder


Emfuleni-inwoners gestraf vir munisipaliteit se onvermoë om waterskuld te betaal

2021-03-02
Gerda Senekal

Rand Water het verlede week begin om inwoners van Emfuleni te straf vir die munisipaliteit se onvermoë om dié waterverskaffer te betaal. Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) skuld Rand Water meer as R1,2 miljard.

Die nuwe... Lees verder


VF Plus oefen suksesvol druk uit op Polokwane-munisipaliteit om waterlekkasies te herstel en omgewing op te ruim

2021-03-11
Susan Clarke

Ná volgehoue druk van die VF Plus het die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Polokwane / Pietersburg) die vele waterlekkasies in Voortrekkerpark herstel, die omgewing opgeruim en die swembad skoongemaak om die park weer veilig vir inwoners te maak om te besoek en te geniet.

Besorgde... Lees verder


Emfuleni-brandweer onbereikbaar weens munisipaliteit se wanbetaling aan Telkom

2021-03-17
Gerda Senekal

Die brandskade aan ‘n huis in Jacobstraat, Vanderbijlpark, kon waarskynlik minder gewees het indien die brandweer betyds per telefoon bereik kon word om noodvoertuie na die toneel te stuur.

Telkom het aan die einde van Januarie sy dienste aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton,... Lees verder


Randwater moet oop kaarte speel oor watertoevoer aan Johannesburg

2021-03-18
Mnr. Franco de Lange

Die VF Plus bevraagteken Randwater se rede vir die gedwonge vermindering van watertoevoer na reservoirs in Johannesburg wat die instelling van waterbeperkings in sekere gebiede tot gevolg het.

Randwater het Joburg Water gister versoek om waterbeperkings in te stel omdat die... Lees verder


Inwoners van Matjhabeng ly weens watertekorte

2021-04-16
Susan Taljaard

Inwoners van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Virginia, Hennenman, Odendaalsrus, Allanridge, Ventersburg) gaan gebuk onder die soveelste watertekort. Dié munisipaliteit skuld die Sedibeng-waterraad meer as R3 miljard terwyl daar waterverliese van honderde miljoene rand... Lees verder


Volgehoue druk deur VF Plus in Phokwane werp vrug af

2021-07-29
Theo Joubert

Volgehoue druk op die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat) rakende twee van die mees dringende probleme wat inwoners ervaar, die toestand van Hartswater se watersuiweringsaanleg en Jan Kempdorp se rioollekkasie, werp tans vrug af.

Dit volg nadat die VF Plus... Lees verder


Waterskaarste in Philipstown: Munisipale onbekwaamheid is die oorsaak

2021-08-04
Dr. Wynand Boshoff

Die gemeenskap van Philipstown in die Noord-Kaap ly jare reeds onder onbetroubare watervoorsiening. Dié dorp is deel van die Renosterberg-plaaslike munisipaliteit, waar die munisipale raad in 2020 weens wanadministrasie ontbind is.

'n Nuwe raad is in November 2020 verkies, maar swart... Lees verder


« 1 ... 3 4 5 6 7 ... 10 11 »