Soek Resultate - "Polisie"

Polisiekommissaris in Gauteng bloot ‘n toeskouer in die ondergang van die polisie

2019-11-25
Kobus Hoffman

Die polisiekommissaris in Gauteng, lt.genl. Elias Mawela, kan nie langer net toekyk hoe die polisiediens in sy provinsie verval en die skuld op die nasionale polisiediens plaas nie.

Lt.genl. Mawela het verlede week tydens ‘n vergadering van die Gauteng-wetgewer se... Lees verder


Bring dissipline terug na die Gautengse polisie

2021-09-07
Kobus Hoffman

Die agteruitgang van dissipline in die Gautengse polisie is ʼn groot bron tot kommer en die enigste wyse om die integriteit van die polisie te verseker, is die handhawing van ʼn streng en volgehoue dissiplinêre kode.

Die VF Plus het tydens die tweedaagse veiligheidseminaar wat Vrydag en... Lees verder


Storm om nasionale polisiekommissaris sleg vir misdaadbestryding

2021-10-07
Dr Pieter Groenewald

Die nuus dat die nasionale kommissaris van polisie, genl. Khehla Sitole, redes aan president Cyril Ramaphosa moet verskaf oor waarom hy nie geskors moet word nie, is slegte nuus vir die polisie én vir die mense van Suid-Afrika wat misdaadbestryding aanbetref.

Dit wil voorkom asof hierdie... Lees verder


Gautengse polisie se rassebeleid faal wit polisielede

2019-11-05
Kobus Hoffman

Die implementering van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) het sy tol onder wit polisiemanne in Gauteng geëis.

Die Gautengse kommissaris van polisie, lt.genl. Elias Mawela, het onlangs statistiek bekendgemaak wat aandui dat daar minder as 9% wit polisielede in die... Lees verder


Polisie verdien kritiek, maar ligpunte soos ‘n nuwe benadering tot plaasmoord word verwelkom

2020-07-24
Dr Pieter Groenewald

(Debat in parlement: Aansuiweringsbegroting vir departement van polisie)

Die VF Plus verwelkom die polisie se nuwe benadering tot plaasmoord. Die party veg sedert 1997 deurlopend om dit op die nasionale agenda te plaas en het in 2017 daarin geslaag om ʼn spesiale debat oor plaasmoord aan te vra in... Lees verder


Inwoners van Gauteng uitgelewer aan die genade van misdadigers

2021-11-24
Kobus Hoffman

Inwoners van Gauteng is uitgelewer aan die genade van misdadigers soos blyk uit die polisie se jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir Julie tot September wat onlangs bekendgemaak is.

Die Gautengse polisiekommissaris, Lt.genl. Elias Mawela, kon nie tydens die bekendmaking van die provinsie se... Lees verder


Rooftog by Badplaas-polisiekantoor wys minagting vir die polisie

2020-09-14
Werner Weber

Die waaghalsige rooftog by die Badplaas-polisiekantoor in Mpumalanga oor die naweek wys ‘n totale minagting teenoor die polisie.

Drie gewapende mans het die polisiekantoor Saterdag kort na middernag aangeval, polisielede aangehou en ‘n R5-aanvalsgeweer, polisiepistole en kontant... Lees verder


Polisie se eie statistiek dui op verlore stryd teen misdaad

2021-05-20
Dr Pieter Groenewald

(Begrotingsposdebat in parlement: Polisie)

Die minister van polisie sê tereg dat ’n land se moordsyfer aanduidend is van die sukses van die betrokke land se polisiemag teen misdaad. Die gemiddelde internasionale moordsyfer is 7 mense per 100 000 van die bevolking. In Suid-Afrika is dit ... Lees verder


Minderheidsgroepe suig aan die agterspeen met bevordering in Mpumalanga-polisie

2021-09-28
Werner Weber

Dit blyk duidelik uit ʼn antwoord van Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, op ʼn vraag van die VF Plus, dat minderheidsgroepe aan die agterspeen suig wanneer dit kom by bevordering in die provinsie se polisiediens.

In die 2019/20-boekjaar het net twee wit manlike beamptes en... Lees verder


VF Plus in Gauteng versigtig optimisties oor polisiekommissaris se waarskuwing aan polisiebeamptes

2020-09-09
Kobus Hoffman

Die VF Plus in Gauteng is versigtig optimisties oor die waarskuwing van die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sithole, dat polisiebeamptes wat hulle doelbewus skuldig maak aan oortredings teenoor die publiek, vervolg sal word.

Die polisie word nou gedwing om aandag aan doelbewuste misdade van... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 100 101 »