Soek Resultate - "NOORDKAAP"

Bultfonteinweg dalk na twaalf jaar weer oop

2019-09-05
Die Redaksie

Die Sol Plaatje-komitee vir ekonomiese ontwikkeling, stedelike herlewing en toerisme het vanoggend besluit om Bultfonteinweg weer te open, hangende die insette van 'n ad hoc-komitee wat uit verskeie rolspelers saamgestel moet word.

 

Vrae wat beantwoord moet word is:

Wat gebeur met die... Lees verder


OVK gee toe aan versoek van VF Plus om stemure in Kuruman te verleng

2019-09-06
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus het in Kuruman, met die spesiale behoeftes van mynwerkers wat lang skofte werk, daarin geslaag om stemure te laat verleng. 

Die praktyk met munisipale tussenverkiesings is dat stempunte in die aand slegs tot 19:00 oop is; anders as algemene verkiesings wanneer stembusse om 21:00... Lees verder


Noord-Kaapse provinsiale rede: Verbeeldingryk, maar belangrike punte gemis

2020-02-28
Die Redaksie

Die provinsiale rede van die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, was omvattend en verbeeldingryk alhoewel enkele belangrike punte nie die nodige aandag geniet het nie.

Aan die positiewe kant verwelkom die VF Plus sy klem op die moontlike selfstandigheid van die provinsie deur die benutting van... Lees verder


Kragvoorsienig in die Noord-Kaap: ‘n Omvattende oplossing is noodsaaklik

2020-06-15
Dr. Wynand Boshoff

Kragvoorsiening in Noord-Kaapse dorpe is op die punt van ineenstorting. Aangesien elektrisiteit aan die grondslag van hedendaagse ekonomiese aktiwiteit lê, is 'n omvattende oplossing noodsaaklik.

Daarvoor sal administratiewe veranderings aangebring moet word; Eskom sal 'n tegemoetkomende... Lees verder


Brand in Warrenton: VF Plus-manne met waterkar spring weer in

2020-06-19
Dr. Wynand Boshoff

'n Brand by die rolbalklub in Warrenton, Noord-Kaap, is deur twee ywerige manne en hul eie watertrok geblus, voor dit ernstige skade kon veroorsaak. Dit is die soveelste maal dat dié twee manne en die watertrok instaan waar die disfunksionele Magareng-munisipaliteit faal. 

... Lees verder

Warrenton-water: VF Plus-span doen dit weer

2020-07-08
Die Redaksie

In Warrenton, die Noord-Kaapse dorp op die walle van die Vaalrivier met gereelde watertekorte, het die VF Plus weereens ingespring om inwoners se lyding te verlig. 'n Watertenk is deur die VF Plus geskenk en deur lede in die dorp geïnstalleer en word gereeld deur hulle gevul. Sodoende het... Lees verder


Gru-plaasaanval in Noord-Kaap skokkend

2020-07-28
Theo Joubert

Die VF Plus spreek sy skok uit oor die plaasaanval in Magogong, 'n landbounedersetting in die Vaalharts-besproeiingskema in die Noord-Kaap, waar drie lede van 'n gesin vermoor is.

Die plaashuis van mnr. Danie Brand (83) en sy vrou Breggie (73) is geplunder en drie voertuie is gesteel, waarvan twee ... Lees verder


Covid-19: ‘n Gemeenskaplike vyand wat verslaan moet word

2020-07-28
Die Redaksie

(Covid-19-debat in Noord-Kaapse wetgewer)

Dit is verstommend dat die koronavirus wat tans verwoesting saai, maar agt maande gelede geïdentifiseer is. Intussen is meer as 16 miljoen mense wêreldwyd daarmee besmet, waarvan 3 600 in die Noord-Kaap.

Dit is sowat 0,3% van die provinsie se... Lees verder


Gru-moord: Noord-Kaapse gemeenskap staan saam

2020-07-30
Theo Joubert

Hartswater het vandag die toonbeeld geword van 'n gemeenskap wat deur tragedie saamgesnoer is.

Die grusame plaasaanval op die Brand-gesin het wetgehoorsame Suid-Afrikaners, maar veral die Vaalharts-gemeenskappe, tot in hul diepste wese geskok. Dit het gelei tot ‘n protesaksie wat vergelyk... Lees verder