Soek Resultate - "Mangaung"

Inwoners in Mangaung en Bloemwater-spervuur

2019-09-10
Die Redaksie

Die voortslepende stryd tussen die Mangaung-metro en Bloemwater het net een verloorder, en dit is die inwoners van die metro wie se vrye toegang tot voldoende water geskend word.

Die Mangaung-metro het vandag ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein gebring waar die metro... Lees verder


VF Plus vind die oorsaak van Pelonomi se waterkrisis en herstel watertoevoer

2019-10-29
Dévar Smit

Die onlangse waterkrisis in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein kan toegeskryf word aan growwe nalatigheid en 'n eenvoudige fout en die VF Plus het self ingespring en gehelp om die fout reg te stel.

Dit het aan die lig gekom dat die stopkraan buite die hospitaal toegedraai was wat veroorsaak... Lees verder


ANC-faksiegevegte hinder met wetgewerkomitee se oorsigrol

2019-11-22
Dévar Smit

Onderliggende faksiegevegte binne die ANC was tasbaar in die Vrystaatse wetgewer se openbare rekeningekomitee waar die Mangaung-metro-munisipaliteit verskyn het. Die topbestuur van die ANC was aanhoudend in ‘n stryery met ANC-komiteelede betrokke en het veroorsaak dat die komitee nie sy... Lees verder


VF Plus plaas Mangaung-metro op terme

2019-11-28
Wouter Wessels

Bloemwater het skriftelik bevestig dat hy weier om water vanaf die Rustfonteindam na die Mockesdam vry te stel weens die metro se wanbetaling van sy maandelikse rekening die afgelope drie maande. Krane kan moontlik reeds vanaand in die noorde van Bloemfontein opdroog.

Daar word tans geen rou water ... Lees verder


Rustfonteindam se sluise oopgemaak na volgehoue druk van VF Plus

2019-11-29
Wouter Wessels

Die VF Plus het gister prokureursbriewe aan die Mangaung-metro en Bloemwater gestuur. Die metro is op terme geplaas en die VF Plus het die partye tot vandag kans gegee om 'n oplossing te vind vir waterkrisis en die sluise van Rustfonteindam oop te maak.

Die metro het vanoggend op die... Lees verder


Mangaung-burgemeester mislei raad

2020-03-12
Adriaan de Bruyn

Tydens die pas afgelope raadsvergadering van die Mangaung-metro-munisipaliteit het die burgemeester, Olly Mlamleli, nie net die raad mislei nie, maar ook inwoners en die administratiewe taakspan wat aangewys is om die munisipaliteit se funksionaliteit te herstel.

Met die burgemeester se repliek op ... Lees verder


Mangaung: Rampdienste en klinieke bekommer

2020-03-14
Adriaan de Bruyn

Die VF Plus is bekommerd oor die stand van nooddienste en gesondheidsorg in die Mangaung-metro-munisipaliteit.

Drie van die sewe brandweerstasies in die metro is na bewering weens personeeltekorte gesluit. Die vraag ontstaan ook of die klinieke binne die metro die vermoë het om moontlike... Lees verder


Bloemwater wil watertoevoer verminder te midde van korona-pandemie

2020-03-17
Dévar Smit

Aan die hand van die aankondiging deur Bloemwater om watervoorsiening aan die Mangaung-metro-munisipaliteit te verminder vanaf 10 April 2020, eis die VF Plus dringende optrede om dié beplande watervermindering te staak.

Sonder die nodige watervoorsiening sal inwoners van die metro nie in... Lees verder


Mangaung-inwoners het geleentheid om insette te lewer oor ontwikkeling

2020-03-31
Adriaan de Bruyn

Die Mangaung-metro-munisipaliteit het ‘n ruimtelike ontwikkelingsraamwerk beskikbaar gestel vir openbare kommentaar en insette en versoek dat die publiek skriftelike vertoë rakende hierdie konsepraamwerk indien.

Sowat agt gebiede in die metro is in hierdie ontwikkelingsraamwerk... Lees verder


Grendelstaat: Premier verkeerd oor Bloemfontein – die ekonomie moet ontsluit

2020-05-19
Jan van Niekerk

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, meen die Mangaung-metro moet op Inperkingsvlak Vier bly en nie na 'n laer vlak afbeweeg nie. Die premier is oningelig en tree onverantwoordelik op tot nadeel van die Vrystaat en in besonder die inwoners van Bloemfontein.

Die premier verwys na die aantal... Lees verder