Soek Resultate - "Korrupsie"

Optrede teen raadslede van Sedibeng-distriksmunisipaliteit moet as voorbeeld dien vir ander munisipaliteite

2020-11-04
Amanda de Lange

Die VF Plus verwelkom die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, se besluit om op te tree teen raadslede van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit (die plaaslike munisipaliteite Emfuleni, Lesedi en Midvaal val onder dié distriksmunisipaliteit) wat ... Lees verder


Ruk munisipaliteite reg deur daadwerklik op te tree teen korrupte amptenare

2020-11-05
Amanda de Lange

Voortslepende wanpraktyke, onregmatige besteding van belastingbetalersgeld en die gebrek aan dienslewering wat die plaaslike munisipaliteite van Randwest (Randfontein, Westonaria), Mogale City (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift), Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark,... Lees verder


Regering staar hom blind teen verval in Suid-Afrika

2021-05-25
Philip van Staden

(Begrotingsposdebat in parlement: Openbare werke en infrastruktuur)

Horende doof en siende blind is die beste wyse om die ANC-regering se houding teenoor die verval van infrastruktuur in Suid-Afrika te beskryf.

‘n Reis deur Suid-Afrika skets ‘n prentjie van die totale verval van... Lees verder


VF Plus-Mpumalanga verwelkom ondersoek na finansies van Emalahleni-plaaslike munisipaliteit, maar word nie mislei

2021-08-10
Werner Weber

Die VF Plus verwelkom Mpumalanga se LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Busisiwe Shiba, se besluit om die finansiële aangeleenthede van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) te ondersoek.

Die party het egter bedenkinge oor... Lees verder


Emfuleni skors sy finansiële hoof

2022-03-17
Gerda Senekal

Die skorsing van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), se finansiële hoof, Andele Dyakale, kom as geen verrassing vir die VF Plus nie.

Die raad ondersoek agt klagte teen Dyakale wat onder meer insluit die onregmatige heraanstelling... Lees verder


Dipaleseng-munisipaliteit: Nog geen vordering ná Artikel 106-verslag oor beweerde korrupsie

2022-05-23
Carel Pienaar

Die VF Plus is bekommerd oor die gebrek aan vordering aangaande 'n verdoemende Artikel 106-verslag wat vandag reeds 102 dae gelede oor die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) uitgereik is.

Mpumalanga se voormalige LUR vir samewerkende regering en tradisionele... Lees verder


Ace Magashule: Eindelik in hof op Vrydag die dertiende

2020-11-13
Dr Pieter Groenewald

Vrydag die dertiende het inderdaad geen goeie gevolge vir die die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, ingehou nie en hy het vandag eindelik in die hof in Bloemfontein verskyn nadat ’n wolk van ersntige misdaadbeweringe al jare oor sy kop hang.  

Die feit dat ’n... Lees verder


ANC het nie werklik die politieke wil om korrupsie te beveg nie

2020-10-27
Dr Pieter Groenewald

(Debat in parlement oor korrupsie met Covid-19-tenders)

Die ANC het nog nooit die politieke wil gehad om korrupsie te beveg nie en dit sal moeilik wees om die uitsprake van president Cyril Ramaphosa oor korrupsiebestryding ernstig op te neem sonder daadwerklike optrede en resultate.

Op 21 April... Lees verder


ANC-regering moet pa staan vir korrupsie

2015-09-08
Dr Pieter Groenewald

Korrupsie in Suid-Afrika onder die ANC-regering is so endemies en onomkeerbaar dat net ʼn regeringsverandering dit kan regstel, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare administrasie.

Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor... Lees verder


Dlamini-Zuma probeer land in siniese poging mislei met loodsing van “teenkorrupsie-forum vir munisipaliteite”

2022-09-21
Michal Groenewald

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se uitsprake tydens die loodsing van ʼn “teenkorrupsie-forum vir munisipaliteite” is verstommend.

Dlamini-Zuma, wat reeds sedert 1994 in verskeie hoedanighede in die ANC-regering dien en selfs ʼn ... Lees verder


« 1 2 ... 4 5 6 7 8 ... 104 105 »