Soek Resultate - "JeanKriek"

VF Plus dankbaar dat klein Amy-Lee de Jager terug is by haar ouers

2019-09-03
Die Redaksie

Die VF Plus-Jeug is dankbaar dat klein Amy-Lee de Jager veilig terug is by haar ouerhuis en versoek die polisie om hul soektog na haar ontvoerders te verskerp.

"Hierdie voorval dien opnuut as bewys hoe effektief sosiale media in ‘n noodsituasie gebruik kan word in ‘n omgewing waar... Lees verder


Wapens en dwelms in skole stel die veiligheid van leerders en onderwysers in gevaar

2019-10-03
Jean Kriek

Die oënskynlike toename van wapens en dwelms in skole kan nie langer deur die Gautengse departement van onderwys geïgnoreer word nie

In die jongste voorval het ‘n senior lid van die Johannesburgse metropolisie tydens ‘n klopjag by ‘n sekondêre skool in Doornkop... Lees verder


Geweld by skole in Gauteng ruk handuit – wat gaan Lesufi doen?

2019-10-21
Jean Kriek

Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van skoolkinders wat elke dag in potensieel-gevaarlike situasies verkeer wanneer mede-leerlinge vuurwapens, messe en dwelms skool toe bring.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, mnr. Panyaza Lesufi, het ‘n verantwoordelikheid teenoor alle leerlinge om... Lees verder


VF Plus waarsku teen studenteverblyf-swendelaars

2020-01-17
Jean Kriek

Die VF Plus doen ‘n beroep op voornemende studente om versigtig te wees vir swendelaars wat veral op sosiale media goedkoop verblyf aanbied. Dit geld ook vir vooruitbetaalde transaksies waar die status van die eiendom nog nie bevestig is nie.

Studente word aangeraai om eerder van... Lees verder


Klaskamer lewensgevaarlik nadat plafon op laerskoolkinders in Hammanskraal val

2020-02-21
Jean Kriek

Die VF Plus-jeug in Gauteng doen ‘n beroep op die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, om dadelik ‘n taakspan saam te stel om die strukturele veiligheid van skole te ondersoek.

Die VF Plus doen hierdie beroep nadat ‘n plafon van ‘n klaskamer by die Laerskool Kgomba... Lees verder


VF Plus-jeug ondersteun Tukkie-studente se versoekskrif vir veiliger parkering

2020-03-02
Jean Kriek

Die VF Plus-jeug in Gauteng steun ‘n versoekskrif wat deur 2 000 studente van die Universiteit van Pretoria (Tukkies) onderteken is om te vra vir veiliger parkering in en rondom die universiteitsgronde.

Die VF Plus-jeug is reeds langer as twaalf jaar besig om met die bestuur van Tukkies te... Lees verder