Soek Resultate - "Gesondheid"

Verpleegsteropleiding gaan voort na volgehoue druk vanaf VF Plus

2019-10-16
Philip van Staden

Die opleiding van verpleegsters sal in Januarie 2020 voortgaan nadat die VF Plus sedert verlede Donderdag se vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid volgehoue druk toegepas het om die probleem reg te stel.

Die VF Plus het dadelik na afloop van verlede Donderdag se... Lees verder


VF Plus wil by minister weet oor aptekersraad se ‘boelie’-e-pos oor NGV

2019-10-16
Philip van Staden

Die VF Plus wou gister tydens ‘n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee by die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, weet oor ‘n ‘boelie’-e-pos wat die aptekersraad aan lede in die farmaseutiese bedryf gestuur het wat aandui dat lede ‘n aanhangsel op... Lees verder


VF Plus vind die oorsaak van Pelonomi se waterkrisis en herstel watertoevoer

2019-10-29
Dévar Smit

Die onlangse waterkrisis in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein kan toegeskryf word aan growwe nalatigheid en 'n eenvoudige fout en die VF Plus het self ingespring en gehelp om die fout reg te stel.

Dit het aan die lig gekom dat die stopkraan buite die hospitaal toegedraai was wat veroorsaak... Lees verder


Daadwerklike ingryping by staatshospitale is nou nodig

2019-10-30
Philip van Staden

Daadwerklike ingryping moet onmiddellik op ‘n uiterse hoë vlak plaasvind om die krisis wat tans in staatshospitale heers, uit te wis. Dit het vandag aan die lig gekom dat daar in 2018 meer as 3 832 sterftes in Gauteng se hospitale was weens mediese nalatigheid.

Die VF Plus waarsku al... Lees verder


VF Plus vra debat oor verval van toerusting en masjinerie by hospitale terwyl ANC verskonings soek

2019-11-26
Philip van Staden

VF Plus het vandag ʼn debat aangevra oor probleme wat ondervind word met die instandhouding van mediese toerusting en masjinerie by staatshospitale, die tipe masjinerie en toerusting wat geraak word en die redes waarom instandhouding en herstelwerk nie gereeld en betyds gedoen word nie.

Die debat... Lees verder


VF Plus vra ondersoek na tien babas wat in Tembisa-hospitaal sterf

2020-01-21
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus gaan die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Bandile Masuku, versoek om dringend ‘n ondersoek te loods na die dood van tien babas in die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand. Die babas is tussen 1 November en 31 Desember 2019 dood nadat hulle antibiotikaweerstandige bakteriële... Lees verder


Daar moet dringend opgetree word om aanvalle op paramedici stop te sit

2020-01-21
Philip van Staden

Die VF Plus gaan die minister van gesondheid dringend versoek om in te gryp in die voortslepende krisis wat tans die land teister waar paramedici beroof en aangeval word. Volgens mediaberigte het daar reeds dertig aanvalle die afgelope ses maande op lede van nooddienste in die land plaasgevind.

... Lees verder

Mkhize moet proses rondom aanstelling verduidelik

2020-01-28
Philip van Staden

Die VF Plus gaan die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, vra om duidelikheid te gee oor die aanstelling van sy niggie, Sibusisiwe Ngubane Zulu, as sy personeelhoof.

Die VF Plus wil graag weet waar die betrokke pos geadverteer is, hoeveel kandidate vir die pos aansoek gedoen het, met hoeveel... Lees verder


Suid-Afrika sal moet begin met voorsorgmaatreëls teen Koronavirus-uitbreking

2020-01-28
Die Redaksie

"Die VF Plus is bekommerd oor die uitbreking van die Koronavirus in China wat reeds 106 lewens geëis het," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwooordvoerder van gesondheid.

"Suid-Afrika is ‘n probleem in hierdie opsig aangesien die land se grense tussen buurlande oop lê... Lees verder


VF Plus-Limpopo vra ondersoek na dood van tweeling in Thabazimbi-provinsiale hospitaal

2020-01-29
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo het die LUR van gesondheid, dr. Phophi Ramatuba, versoek om dringend ondersoek in te stel na die dood van 'n tweeling op 2 November 2019 in die Thabazimbi-provinsiale hospitaal.

Die ouers het die VF Plus genader om hulp ná die dood van die tweeling. Na bewering is die ... Lees verder


« 1 2 ... 7 8 9 10 11 ... 63 64 »