Soek Resultate - "Gesondheid"

Daadwerklike ingryping by staatshospitale is nou nodig

2019-10-30
Die Redaksie

"Daadwerklike ingryping moet onmiddellik op ‘n uiterse hoë vlak plaasvind om die krisis wat tans in staatshospitale heers, uit te wis. Dit het vandag aan die lig gekom dat daar in 2018 meer as 3 832 sterftes in Gauteng se hospitale was weens mediese nalatigheid," sê Philip van... Lees verder


VF Plus vra debat oor verval van toerusting en masjinerie by hospitale terwyl ANC verskonings soek

2019-11-26
Philip van Staden

"VF Plus het vandag ʼn debat aangevra oor probleme wat ondervind word met die instandhouding van mediese toerusting en masjinerie by staatshospitale, die tipe masjinerie en toerusting wat geraak word en die redes waarom instandhouding en herstelwerk nie gereeld en betyds gedoen word nie," sê... Lees verder


Daar moet dringend opgetree word om aanvalle op paramedici stop te sit

2020-01-21
Die Redaksie

"Die VF Plus gaan die minister van gesondheid dringend versoek om in te gryp in die voortslepende krisis wat tans die land teister waar paramedici beroof en aangeval word. Volgens mediaberigte het daar reeds dertig aanvalle die afgelope ses maande op lede van nooddienste in die land plaasgevind,"... Lees verder


Mkhize moet proses rondom aanstelling verduidelik

2020-01-28
Die Redaksie

"Die VF Plus gaan die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, vra om duidelikheid te gee oor die aanstelling van sy niggie, Sibusisiwe Ngubane Zulu, as sy personeelhoof," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Die VF Plus wil graag weet waar die betrokke pos... Lees verder


VF Plus verwelkom geregtelike ondersoek na Life Esidimeni

2020-02-06
Philip van Staden

Die VF Plus verwelkom die aankondiging vandag in die media, dat ‘n geregtelike ondersoek ingestel gaan word na die dood van 144 pasiënte, wat deur die Gautengse departement van gesondheid aan onbekwame nie-regeringsorganisasies oorhandig is nadat die departement sy kontrak met Life... Lees verder


Koronavirus: Kabinet moet stappe neem oor sportbyeenkomste en oop grense

2020-03-14
Philip van Staden

Die VF Plus is nog steeds van mening dat die Suid-Afrikaanse regering stappe sal moet neem om Suid-Afrikaners teen die koronavirus te beskerm deur alle sportbyeenkomste tydelik te kanselleer en om die sluiting van die land se grense te oorweeg.

Die volg nadat daar gister sowat 97 sportgeleenthede... Lees verder


VF Plus bekommerd oor koste en gevolge van Covid-19-toetse met onbesliste uitslae

2020-06-10
Die Redaksie

"Die VF Plus is bekommerd oor toetse wat gedoen word by die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) waarvan die uitslae nie duidelik is in terme van ‘n negatiewe of positiewe uitslag nie en wat daarom as onbeslis beskou word," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder ... Lees verder


Drakoniese regulasies moet gewysig word sodat gerepatrieerdes selfkwarantyn kan toepas

2020-06-17
Philip van Staden

Drakoniese regulasies wat bepaal dat Suid-Afrikaners wat vanaf buurstate en die buiteland gerepatrieer word en vir veertien dae in kwarantyn geplaas word, moet sodanig gewysig word dat mense die keuse gegun word om, indien hulle dit kan doen en bewys daarvan kan lewer, selfkwarantyn/isolasie toe te ... Lees verder


Oos-Kaap se “apartheid-ambulansmotorfietse” van R10 miljoen moet tot op die been ondersoek word

2020-07-15
Theo Coetzee

Pogings van die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid, Sidiswa Gomba, om apartheid die skuld te gee vir die vrugtelose vermorsing van R10 miljoen vir die aankoop van honderd “ambulans”-motorfietse, hou nie steek nie en die aangeleentheid moet tot op die been ondersoek word.

Die uitlating van... Lees verder


VF Plus gaan versoek rig vir amptelike besoeke aan alle provinsiale hospitale en klinieke

2020-11-23
Philip van Staden

Die VF Plus gaan die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid, dr. Dhlomo, amptelik versoek dat die komitee vroeg in die nuwe jaar begin met ‘n veldtog om elke provinsiale hospitaal en kliniek regoor Suid-Afrika te besoek om eerstehands te sien in watter... Lees verder


« 1 2 ... 5 6 7 8 9 ... 63 64 »