Soek Resultate - "Gauteng"

VF Plus vra premier Makhura om standpunt in te neem oor onteiening sonder vergoeding soos gedoen is met e-tol

2020-02-28
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het gister die Gautengse premier, David Makhura, gevra om standpunt in te neem oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding in dié provinsie.

Die party het dit duidelik gestel dat Suid-Afrika ‘n scenario van ʼn mislukte staat in die gesig staar weens die swak regering... Lees verder


Covid-19-inperkings skrik misdadigers nie af nie

2020-05-13
Me. Amanda de Lange

Die toename in misdaad in sekere gebiede in Gauteng is kommerwekkend veral gedurende ‘n staat van inperking.

Gedurende die naweek is meer as 800 mense in hegtenis geneem op aanklagte van moord, verkragting, roof, aanranding, kwaadwillige beskadiging van eiendom, die besit van dwelms en... Lees verder


VF Plus wil by Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling weet of Rampbestuurswet selektief toegepas word

2020-05-18
Kobus Hoffman

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Morakane Mosupyoe, gevra of sy noodleniging ingevolge die bepalings van die Rampbestuurswet gaan toepas deur selektief hulp te verleen aan sekere rasgroepe.

Indien wel, is daar geen morele regverdiging daarvoor nie en moet lede van die ... Lees verder


Lesufi verslap regulasies oor uitdeel van kos na versoek van VF Plus

2020-05-29
Adv Anton Alberts

Die waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Panyaza Lesufi, het geen ander keuse gehad as om gehoor te gee aan die VF Plus se versoek om dié departement se regulasies oor die verspreiding van kos in die provinsie te skrap nie.

Die party het twee weke gelede Lesufi versoek... Lees verder


Lesufi wil rassisme-polisie skep om alle skole, onderwysers en leerlinge te monitor

2020-06-19
Adv Anton Alberts

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het vandag in die Gautengse wetgewer aangedui dat hy 'n komitee wil skep wat alle skole, onderwysers en leerlinge sal monitor vir enige sweem van rassisme.

Die aankondiging was nie beplan nie, maar het op 'n terloopse wyse plaasgevind tydens 'n... Lees verder


Lesufi erken swak skole veroorsaak toestroming na skole wat beter onderwys bied

2020-06-20
Adv Anton Alberts

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het tydens die wetgewersdebat oor die onderwysbegroting aangedui dat daar genoeg skole in die provinsie is, maar dat swakker skole leegloop omdat ouers hulle kinders na beter skole neem waar die onderrig-gehalte goed is.

Die VF Plus vind die... Lees verder


Lesufi maak hom skuldig aan rasse-verdeling

2020-06-26
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus gaan ‘n klag indien by die Gautengse wetgewer se etiek- en reëlskomitee teen die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wie se optrede en uitsprake strydig is met die gedragskode vir lede van ‘n wetgewer se uitvoerende komitee.

Die Gautengse premier, David Makhura, speaker, ... Lees verder


Lesufi se rassisme-adviserende raad vir onderwys word in die sonde van rasse-vooroordeel gebore

2020-07-17
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het op grond van 'n wetgewer-vraag aan die Gautengse LUR vir onderwys, Panyasa Lesufi, vasgestel dat die voorgenome onderwys-rassisme adviserende raad wat onderwysers en leerders moet ondersoek vir rassisme, gebore is in die sonde van rasse-vooroordeel.

Volgens die skriftelike antwoord ... Lees verder


Tariefverhogings en swak dienslewering knou belastingbetalers

2020-08-17
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus het ʼn dringende beroep op die Gautengse wetgewerkomitee vir plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta) gedoen om by die swakste presterende munisipaliteite in die provinsie in te gryp en toe te sien dat dienslewering hervat word. Die komitee het ingestem om oorsigbesoeke aan die... Lees verder


VF Plus-jeug in Gauteng stig sy eerste gehoorgestremde-jeugtak

2020-08-27
Jean Kriek

Die VF Plus-jeug in Gauteng het gisteraand (26 Augustus) sy eerste amptelike gehoorgestremde-jeugtak in Pretoria gestig. Die nuwe lede is entoesiasties om deel te wees van die party en om die gemeenskap te dien.

Die groep van 14 jongmans en -vroue het deur middel van gebaretaal aan die vergadering ... Lees verder


« 1 2 ... 5 6 7 8 9 ... 93 94 »