Soek Resultate - "Gauteng"

Lesufi se noodlyn vir seksueel geteisterde leerlinge werk nie

2019-12-03
Adv Anton Alberts

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het vandag tydens ‘n vraesessie in die Gautengse wetgewer aangedui dié departement het ‘n toegewyde noodnommer geskep vir leerlinge wat seksueel misbruik word – maar die nommer werk nie.

Die VF Plus het die nommer, 080 0555... Lees verder


VF Plus gaan voorstelle aan Gautengse polisiekommissaris doen om krag- en substasies te beskerm

2020-02-19
Kobus Hoffman

Die VF Plus gaan vergader met die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om voorstelle te doen rakende die beskerming van krag- en substasies in Gauteng teen voortdurende vandalisme wat woonbuurte en winkelsentrums vir lang tye sonder elektrisiteit laat.

In Randfontein is ‘n... Lees verder


Gauteng-provinsie gryp in na Eskom beslag lê op Emfuleni se roerende bates

2020-03-18
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus verwelkom die ingryping van die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Lebogang Maile, by die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) na ‘n onderhandelingsvergadering tussen sukkelende... Lees verder


Gauteng-regering se IT-blitstender: VF Plus dien klag in by OB weens vreemde omstandighede waarin tender toegestaan is

2020-04-06
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag ‘n klag by die openbare beskermer (OB) ingedien om die blitstender vir IT-dienste wat die Gauteng-regering aan ‘n diensverskaffer toegeken het, te ondersoek.

Dit blyk uit inligting rakende die omstandighede van die toekenning van die tender dat dit moontlik... Lees verder


VF Plus versoek Gautengse LUR vir samewerkende regering om administrateur van Tshwane-metro te skors

2020-04-24
Die Redaksie

"Die VF Plus versoek die LUR vir samewerkende regering (Cogta) in Gauteng, mnr. Lebogang Maile, om die hoofadministrateur van die Tshwane-metro, mnr. Mpho Nawa, onmiddellik uit sy amp te verwyder weens sy beweerde oortreding van die inperkingsregulasies," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en... Lees verder


VF Plus verwelkom hofuitspraak oor Tshwane-metro

2020-04-29
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Noord-Gauteng-hooggeregshof wat die besluit van die Gautengse regering om Tshwane-metro onder administrasie te plaas, om te keer," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier in Gauteng.

"Gauteng se premier, David Makhura, en sy LUR vir... Lees verder


Eiendom en sake-ondernemings in Gauteng moet beskerm word

2020-04-30
Kobus Hoffman

Die VF Plus in Gauteng doen ‘n dringende beroep op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om sake-ondernemings te beskerm teen toenemende plundery.

Die polisie en weermag kan ook nie langer toekyk terwyl misdadigers winkels wat tydens die inperkingstyd gesluit is,... Lees verder


Gautengse onderwysdepartemet onderneem om die Covid-19-veiligheidsprotokol oop te maak vir openbare deelname na VF Plus-versoek

2020-05-21
Die Redaksie

"Die VF Plus het die Gautengse onderwysdepartement suksesvol versoek om die beplande COVID-19-veiligheidsprotokol vir die heropening van skole op 1 Junie, vir openbare deelname vry te stel," sê adv. Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW in Gauteng.

"Die versoek is vandag gerig... Lees verder


VF Plus plaas toenemende druk op Gautengse polisiekommissaris om grendel op GPF-patrollies te lig

2020-05-22
Kobus Hoffman

Die VF Plus het tydens ‘n virtuele komiteevergadering die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gevra om gemeenskappolisiëringforums (GPF) toe te laat om tydens die staat van inperking patrolliediens te... Lees verder


Toename in protesaksies in Gauteng geen verrassing; geweld kan egter toeneem

2020-06-05
Kobus Hoffman

Die VF Plus is nie verbaas oor die toename in dienslewering-protesaksies in Gauteng nie. Net in Gauteng alleen was daar volgens statistiek wat vandeesweek deur Municipal IQ bekend gemaak is, 218 dienslewering-protesaksies in 2019.

Die toename in dienslewering-protesaksies in Gauteng is ‘n... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 ... 93 94 »