Soek Resultate - "Gauteng"

Tshwane-administrateurs buite orde met lening van R1,5 miljard van Ontwikkelingsbank

2020-08-05
Awie Erasmus

Die VF Plus het sy misnoë uitgespreek met die beplande lening van R1,5 miljard van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika aan die Tshwane se metroraad.

Die administrateurs van die Tshwane-metroraad wat deur die ANC-beheerde Gauteng-provinsie aangestel is, is weereens besig om buite hul mandaat ... Lees verder


Administrateurs van Tshwane-metro adverteer poste ‘n week voor appèlhof-saak

2020-08-12
Awie Erasmus

Die VF Plus het inligting ontvang dat die administrateurs van die Tshwane-metroraad vir die tweede keer in ʼn paar weke poste adverteer om gevul te word in ‘n afdeling wat nie amptelik bestaan nie.

Die VF Plus het vroeër gewaarsku dat die poste nie wettig sou wees nie waarna die poste op ... Lees verder


Emfuleni-munisipaliteit moet antwoord oor nalatigheid en wanbestuur nadat munisipale werker in rioolput by die Rietspruit-rioolwerke sterf

2020-09-14
Gerda Senekal

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) sal verantwoording moet doen nadat ‘n munisipale werker in ʼn gru-voorval dood is in ‘n rioolput van agt meter diep by die Rietspruit-rioolwerke.

Die voorval kon moontlik vermy gewees het... Lees verder


Moody’s se afgradering van Tshwane-metro nie net Covid-19 se skuld

2020-09-28
Awie Erasmus

Dit is nie net weens die impak van die Covid-19-pandemie dat die kredietgraderingsagentskap, Moody’s Investors Services, die Tshwane-metro se kredietgradering met een vlak van Ba1 na Ba2 afgegradeer het nie.

Die afgradering is 'n groot slag vir verbruikers, aangesien dit beteken dat skuld... Lees verder


Merafong-munisipaliteit herstel Rotoraskool vir gestremde leerlinge se krag ná VF Plus ingryp

2020-10-01
Me. Amanda de Lange

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het vandag, na volgehoue druk van die VF Plus, die elektrisiteit na die Rotora-skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in Carletonville, herstel.

Die skool was vir langer as ‘n maand sonder elektrisiteit.

... Lees verder

Inspekteurs van departement van landbou besoek Krugersdorp en Magaliesburg na VF Plus-klag van waterbesoedeling

2020-10-06
Tjaart Steenkamp

Die VF Plus se klag aan die Gautengse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling oor ernstige waterbesoedeling en rioolstorting deur die Mogal City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Tarlton, Magaliesburg en Muldersdrift), het vrugte afgewerp met ʼn besoek van inspekteurs van die... Lees verder


Residentia-tehuis vir bejaardes in Pretoria ses dae sonder water

2020-10-08
Mnr. Sakkie du Plooy

Die Tshwane-metroraad se versuim om water te voorsien aan die Residentia-tehuis vir bejaardes in Sunnyside, Pretoria nadat ‘n waterpyp ses dae gelede in die omgewing gebars het, is onaanvaarbaar en mag nie langer geduld word nie.

Die situasie is ‘n growwe skending van die menseregte... Lees verder


VF Plus in Emfuleni dien klag van diefstal in nadat kantoor oopgebreek en meubels verwyder is

2020-10-13
Gerda Senekal

Die VF Plus het ‘n klag van diefstal by die Vanderbijlpark-polisiekantoor teen die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) ingedien nadat die party se kantoor die afgelope naweek betree is en al die meubels en persoonlike items sonder... Lees verder


Tshwane-hofuitspraak: Demokrasie in ere herstel en provinsiale ANC-regering kry weer bloedneus

2020-10-27
Jaco Mulder

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hoogste hof van appèl ten gunste van die herstel van die regering van die Tshwane-metro. Die Gautengse premier, David Makhura, het dus by implikasie die Tshwane-metroraad onregmatig ontbind.

Die Appélhof se uitspraak bewys dat die... Lees verder


Die VF Plus verwelkom die herverkiesing van ‘n veelparty-koalisie in die Tshwane-metro

2020-10-30
Jaco Mulder

Die verkiesing van die koalisie, waarvan die VF Plus deel is, se kandidaat as die nuwe burgemeester van die Tshwane-metroraad is 'n oorwinning vir demokrasie en die inwoners van die metro.

Die ANC se poging om die metroraad deur magsmisbruik van die provinsiale regering te kaap, het misluk.

... Lees verder

« 1 2 ... 98 99 100 101 102 »