Soek Resultate - "DrWynandBoshoff"

Opwekking van 100MW elektrisiteit sonder lisensie in staatskoerant gepubliseer: Nou kan burgers self die ekonomie red

2021-08-13
Dr. Wynand Boshoff

Die langverwagte publikasie van die nuwe, hoër perk op selfopwekking van elektrisiteit, kan letterlik die energie vrystel wat nodig is om Suid-Afrika se ekonomie te red. Die staatsbeheerde kragvoorsiener, Eskom, sukkel om na dekades van kaderontplooiing op die been te kom.

Boonop werk Eskom... Lees verder


Gebruik van laaste voorraad loodbevattende petrol ʼn mylpaal – VF Plus sien uit na volgende mylpale

2021-08-31
Dr. Wynand Boshoff

Die aankondiging dat die laaste voorraad loodhoudende petrol vir gewone motorvervoer in die wêreld opgebruik is, is 'n belangrike mylpaal in die vervoerbedryf. Dit sal geen direkte uitwerking op Suid-Afrika hê nie, waar die mylpaal reeds in 2006 bereik is. Algerië was die laaste... Lees verder


Inhoud van onderwys: Skole moet die vryheid wat hulle het, gebruik

2021-09-09
Dr. Wynand Boshoff

Klagtes oor 'n geskiedenisprojek wat graad 9-leerlinge in die derde kwartaal moet voltooi, bereik die VF Plus elke jaar. Leerders kry die opdrag om met iemand wat deur apartheid bevoordeel of benadeel is, 'n onderhoud te voer. Die vrae wat hulle moet vra, word geformuleer om voorafgestelde... Lees verder


Oorwinning vir Afrikaans as taal van hoër onderwys: Onus is nou op Afrikaanssprekendes

2021-09-23
Dr. Wynand Boshoff

Die burgerregteorganisasie AfriForum het 'n reuse oorwinning vir Afrikaans en almal wat dit praat behaal met die suksesvolle regsaksie teen Unisa se taalbeleid. Die volg nadat dié baanbreker op die gebied van afstandsonderrig op tersiêre vlak, Afrikaans as onderrigtaal sowat vyf jaar... Lees verder


Brande teister Noord-Kaap: Deeglike ondersoek na bewerings van brandstigting is noodsaaklik

2021-09-28
Dr. Wynand Boshoff

In die dorre Noord-Kaapprovinsie is daar gewoonlik te min gras om ernstige veldbrande te voed. Hierdie jaar is anders. Ná die goeie najaarsreën van die vorige seisoen, gaan die noorde van die provinsie oor die laaste weke onder ernstige en wydverspreide brande gebuk.

Die vraag is egter ... Lees verder


Stop die verval in Noord-Kaapse klinieke: Toekomstige VF Plus-raadslede sal daarvan werk maak

2021-09-30
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus ontvang deurlopend klagtes oor die toestande in Noord-Kaapse klinieke.

Dit wissel van onvriendelike personeel, rassistiese optrede deur personeel, onvoldoende voorrade en toerusting wat nie werk nie, tot water, riolering en afvalverwydering wat verwaarloos word.

Hoewel klinieke 'n... Lees verder


Afrikaans as inheemse taal: Dit is waarom selfbeskikking meer as ʼn luukse is

2021-10-01
Dr. Wynand Boshoff

Die huidige debakel oor die status van Afrikaans as inheemse (of uitheemse) amptelike taal van Suid-Afrika, lê die grondliggende mislukking van die skikking van 1994 bloot. Dit is net jammer dat almal wat aan die gesprek deelneem, dit blykbaar nie besef nie.

Voor die huidige debat bespreek... Lees verder


Akademia se nuwe fakulteit vir opvoedkunde: So word Afrikaans se hoër funksies verseker

2021-10-05
Dr. Wynand Boshoff

Die private hoër onderwysinstelling, Akademia, het sy toewyding tot die toekoms van Afrikaans getoon deur gister 'n fakulteit vir opvoedkunde bekend te stel.

Niks toon vertroue in die toekoms soos om in die opvoeding van volgende geslagte te belê nie. Die Vryheidsfront Plus wens... Lees verder


Dr. Nkosinathi Sishi nuwe direkteur-generaal vir hoër onderwys: VF Plus verwelkom stabiliteit, maar gevaarligte flikker

2021-10-06
Dr. Wynand Boshoff

Dr. Nkosinathi Sishi is as direkteur-generaal vir hoër onderwys aangestel nadat die vorige direkteur-generaal, mnr. Gwebikundla Qonde, op 23 Julie vanjaar geskors is.

Qonde het sy skorsing in die arbeidshof bestry, waar uitspraak teen hom op 7 September gevolg het.

Intussen was die... Lees verder


Opvoeding en onderwys: Vloedgolf van vyandige transformasie kan net deur gekoördineerde optrede gestuit word

2021-10-19
Dr. Wynand Boshoff

Terwyl die veldtog vir die plaaslike regeringsverkiesing aan die gang is, bou die staatsgedrewe projek vir transformasie in alle vlakke van onderwys momentum op.

Dit is selfs meer kommerwekkend dat beheerliggame van skole en universiteite aktief daaraan deelneem. In dié verband kan die... Lees verder


« 1 2 ... 13 14 15 16 17 »