Soek Resultate - "DrWynandBoshoff"

Wanadministrasie in die WNNR sonder dat departement optree

2021-05-18
Dr. Wynand Boshoff

Begrotingsposdebat in parlement: Wetenskap en innovasie)

Die departement van wetenskap en innovasie word gewoonlik as een van die pronkperde in die Suid-Afrikaanse regeringstal beskou. Dit is asof 'n mens nie verwag dat wetenskaplikes hulle met onreëlmatighede sal ophou nie.

Oor die afgelope ... Lees verder


Onderwysowerhede moet fokus op skole wat swak presteer en professionele onderwysers toelaat om hul roeping te vervul

2021-05-20
Dr. Wynand Boshoff

(Begrotingsposdebat in parlement: Basiese onderwys)

Die departement van basies onderwys volg 'n gesentraliseerde benadering tot onderwys, wat nie tot sosiale kohesie of tot goeie onderwys lei nie. Daarom versoek die VF Plus die departement om sy hulpbronne op skole te fokus waar resultate... Lees verder


Toenemende boeliegedrag in skole: Dalk ‘n onvoorsiene gevolg van die sogenaamde menseregtekultuur?

2021-05-27
Dr. Wynand Boshoff

(Debat in parlement oor boeliegedrag in skole)

Boeliegedrag het weer op die voorgrond getree nadat 'n 15-jarige leerder haar eie lewe na aanleiding daarvan geneem het. 'n Video waarin sy onder aanmoediging van omstanders aangerand word, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei, wat vir haar ... Lees verder


Matrieks se Junie-eksamen afgestel: Beter om kurrikulum te dek as om baie vraestelle te skryf

2021-06-02
Dr. Wynand Boshoff

Die departement van basiese onderwys se aankondiging dat matrieks se Junie-eksamen vanjaar weer gekanselleer word, moet verwelkom word. Uit 'n opvoedkundige oogpunt is dit belangriker om die kurrikulum deeglik te dek as om 'n groter aantal vraestelle te skryf.

Onderwys word nou al vir langer as 'n ... Lees verder


Groter ruimte vir selfopwekking van krag dui op ‘n nuwe era wat Suid-Afrika betree

2021-06-10
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van president Cyril Ramaphosa dat die drempel vir die ongelisensieerde opwekking van krag vir eie gebruik van 1 tot 100 mW verhoog gaan word. Dit is 'n belangrike stap in die rigting van volledig mededingende kragopwekking in Suid-Afrika - iets wat die VF Plus ... Lees verder


Dreigement om skole te sluit: EFF speel met vuur

2021-06-18
Dr. Wynand Boshoff

Met 'n video op sosiale media het die EFF Donderdag sy dreigement herhaal om skole te sluit indien die departement van basiese onderwys dit nie doen nie. Die persoon op die video waarsku dat daar twee dae oor is, maar enige kind wat Maandag in skooluniform verskyn, doen dit volgens hom op eie... Lees verder


Kragskepe op omgewingsgronde afgekeur: Redelike denke seëvier

2021-06-25
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van die departement van omgewingsake dat die aansoeke vir drie kragskepe in Suid-Afrikaanse hawens afgekeur is. Die planne was uit die staanspoor in omstredenheid gehul op grond van drie oorwegings: Die twintigjaartermyn waarvoor kontrakte gesluit sou word;... Lees verder


Verbod op verkoop van petrol en diesel in kanne: VF Plus in gesprek om rampspoedige gevolge in voedselbedrywe te voorkom

2021-07-15
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus begryp die noodsaak daarvan op paniekaankope van brandstof te voorkom en dat dit die rede is waarom petrol en diesel nie in kanne verkoop mag word nie. Nogtans is die party onder die indruk dat die minister nie alle implikasies daarvan in ag geneem het nie.

Landelike gebiede waar... Lees verder


Waterskaarste in Philipstown: Munisipale onbekwaamheid is die oorsaak

2021-08-04
Dr. Wynand Boshoff

Die gemeenskap van Philipstown in die Noord-Kaap ly jare reeds onder onbetroubare watervoorsiening. Dié dorp is deel van die Renosterberg-plaaslike munisipaliteit, waar die munisipale raad in 2020 weens wanadministrasie ontbind is.

'n Nuwe raad is in November 2020 verkies, maar swart... Lees verder


Suid-Afrika wag op Mantashe se 100 MW-kennisgewing – dwarsboom hy die proses?

2021-08-10
Dr. Wynand Boshoff

Op 10 Junie 2021 het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat die opwekking van elektrisiteit sonder die moeisame proses van registrasie, van 10 MW na 100 MW opgeskuif sou word.

Die minister van minerale hulpbronne en energie, mnr. Gwede Mantashe, sou 'n kennisgewing met dié strekking... Lees verder


« 1 2 ... 13 14 15 16 17 »