Soek Resultate - "Beurtkrag"

Departement van minerale hulpbronne en energie: Leierskap ontbreek om ʼn krisis te ontlont

2022-05-19
Dr. Wynand Boshoff

(Begrotingsdebat in parlement: Minerale hulpbronne en energie)

Die minister van minerale hulpbronne en energie het vandag min leierskap of visie in die voortgaande ekonomiese krisis in Suid-Afrika gewys. Dit lyk meer of hy in die denkpatrone van 'n vorige era oor mynbou en energie vasgevang is.... Lees verder


Departement van binnelandse sake is op pad na nêrens

2022-05-24
Jaco Mulder

(Begrotingsdebat in parlement: Binnelandse sake)

Die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het in werklikheid vandag erken dat sy departement in die moeilikheid is en op 'n pad na nêrens is indien daar nie buitengewone maatreëls ingestel word nie.

Hierdie maatreëls... Lees verder


VF Plus bekommerd oor toename in protesaksies in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit en effek daarvan op toerisme

2022-05-27
Monique Bornman

Voortslepende betogings in die dorpie Marite in die Bosbokrand-plaaslike munisipaliteit (Acornhoek, Bosbokrand, Cottondale, Hluvukani, Kampersrus, Marite, Mkhuhlu, Paul Kruger-hek) het 'n verwoestende uitwerking op plaaslike toerisme.

Die mense betoog oor swak dienslewering wat verband hou met... Lees verder


Miljarde vir Eskom-skuld: Dié soort hulp skep verpligting om werklike ʼn regverdige energiebedeling te skep

2022-06-01
Dr. Wynand Boshoff

Die nuusagentskap Bloomberg berig dat die Verenigde Koninkryk (VK) tans oorweeg om sowat R15,6 miljard van Eskom se skuld te waarborg.

Dit kan die Suid-Afrikaanse regering grootliks help aangesien die staat tans Eskom se skuld waarborg.

Die land se kredietgradering is egter twee kerwe onder... Lees verder


Afskaffing van brandstofheffing kan ekonomie red – selfs die staatskas kan daarby baat vind

2022-06-15
Dr. Wynand Boshoff

(Parlementêre debat oor stygende brandstofpryse)

Die rekordvlakke wat brandstofpryse tans bereik, stel die Suid-Afrikaanse ekonomie in gevaar. Om die belastingkomponent daarvan heeltemal te verwyder, kan die ekonomie laat herstel en sal, ironies genoeg, tot verhoogde staatsinkomste lei.

Die ... Lees verder


Geen diesel vir kragopwekker in Breyten lei tot watertekort

2022-07-07
De Villiers Arnoldi

Inwoners van Breyten in die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair, Warburton) gaan vir etlike maande gebuk onder ʼn watertekort aangesien ʼn kragopwekker sonder diesel staan.

Dié kragopwekker is in Maart vanaf die waterwerke in Breyten verskuif na ... Lees verder


Waterrade laat Namakwaland hoog en droog

2022-07-18
James otto

Drie agtereenvolgende waterrade wat verantwoordelik was en is vir watervoorsiening aan die Nama Khoi-plaaslike munisipaliteit, het die inwoners van die munisipalitet gefaal en hoog en droog gelaat.

Die dorpe Springbok, Steinkopf, Okiep, Rooiwinkel, Concordia, Komaggas, Buffelsrivier, Nababeep,... Lees verder


Sonder afskaffing van SEB-verkrygingsvereistes is Ramaphosa se kragherstelplan gedoem

2022-07-26
Jaco Mulder

Die VF Plus versoek pres. Cyril Ramaphosa en die minister van handel, nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, om spesifiek regulasies wat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) rig, te laat vaar om te verseker dat die mees effektiewe verkrygingsbeleid en kundigheid op meriete beskikbaar gestel... Lees verder


Vandalisering van kragbokse in Krugersdorp neem toe

2022-09-13
Lourens Gouws

Die bewaking van kragbokse en kragvoorsieningspunte in Krugersdorp, wat ten duurste deur ʼn private sekuriteitsmaatskappy namens die Mogale City-plaaslike munisipaliteit gedoen word om diefstal te probeer bekamp, plaas groot bykomende druk op belastingbetalers.

Mogale City se wankelrige... Lees verder


Hernubare krag help ryk en arm – en dis al wat ANC-bestand is

2022-09-18
Dr. Wynand Boshoff

Die huidige kragkrisis, met vlak 6-beurtkrag wat Sondagoggend ingestel is en met selfs erger wat dreig, sal klaarblyklik nie opgelos word solank die ANC regeer nie.

Ryk en arm sal daarom daarby baat vind as almal wat kan, hul eie krag opwek.

Eskom se reuse kragsentrales, wat die ruggraat van... Lees verder


« 1 2 ... 14 15 16 17 18 »