Soek Resultate - "ANC"

Tshwane-hofuitspraak: Demokrasie in ere herstel en provinsiale ANC-regering kry weer bloedneus

2020-10-27
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hoogste hof van appèl ten gunste van die herstel van die regering van die Tshwane-metro. Die Gautengse premier, David Makhura, het dus by implikasie die Tshwane-metroraad onregmatig ontbind," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier... Lees verder


ANC in Mpumalanga misbruik begrotingsdebatte om sy agenda van rassediskriminasie te bevorder

2021-06-09
Mnr. Werner Weber

Waar begrotingsdebatte moet fokus op die beleid en begrotings van provinsiale departemente, het talle ANC-lede in die Mpumalanga-wetgewer se begrotingstoesprake egter gehandel oor die beweerde ‘rassistiese, brutale en barbaarse’ moord van plaaswerkers op die plaas Pampoenkraal naby Piet ... Lees verder


ANC se driebeenspan trek dwars

2019-11-13
Dr Corné Mulder

(Ledeverklaring in die parlement)

Anders as die Springbokke is die ANC se drieparty-alliansie ʼn verdeelde span met vakbonde wat nie bereid is om saam te speel om sukses te behaal nie.

Verlede week het die minister van finansies, Tito Mboweni, dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika in ʼn ernstige... Lees verder


Betreurenswaardig dat ANC Johannesburg weer regeer: VF Plus sal opposisierol met waardigheid vertolk

2019-12-04
Dr Pieter Groenewald

Dit is betreurenswaardig dat die ANC vandag daarin geslaag het om weer beheer oor die Johannesburgse metro te verkry. Geoff Makhubo is verkies tot nuwe burgemeester.

Die ANC het daarin geslaag om met die ondersteuning van partye soos die IVP 137 stemme op hul kandidaat te verenig. Die DA se... Lees verder


Wêreld sal hom nie laat mislei deur onteiening sonder vergoeding (OSV)

2020-06-30
Dr Corné Mulder

(Deklarasie oor die mosie vir die herinstel van die ad hoc-komitee om wetgewing in te stel vir wysiging van Artikel 25 van die Grondwet)

Dit is verstommend dat die ANC en die EFF nie kan sien hulle stuur met onteiening sonder vergoeding (OSV) ʼn sterk boodskap aan die wêreld dat Suid-Afrika... Lees verder


Wêreld sal hom nie laat mislei deur onteiening sonder vergoeding (OSV)

2020-06-30
Die Redaksie

"Dit is verstommend dat die ANC en die EFF nie kan sien hulle stuur met onteiening sonder vergoeding (OSV) ʼn sterk boodskap aan die wêreld dat Suid-Afrika die pad van Zimbabwe loop nie," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofsweep.

"Suid-Afrika se finansiële posisie was... Lees verder


Ekonomiese inkrimpingskok: ANC-beleid kan Suid-Afrika nie red nie

2020-09-09
Die Redaksie

"Die skok van Suid-Afrika se ekonomie wat van die eerste tot die tweede kwartaal met 16,4% gekrimp het, wys dat ingrypende stappe nodig is om ʼn ommekeer te bewerkstellig," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

"Wat die onmiddellike aanbetref, moet die oorblywende... Lees verder


ANC-erkenning oor lugmag-vliegtuig: VF Plus sal met vrae aan betrokke ministers seker maak die skuldiges doen verantwoording

2020-09-15
Dr Pieter Groenewald

Die ANC het met sy bereidwilligheid om te betaal vir die lugmag-vlug na Zimbabwe erken dat hy misbruik gemaak het van weermagvervoer en die VF Plus het reeds vrae aan verskeie ministers hieroor gerig om seker te maak die skuldiges doen volle verantwoording.

Dié optrede van die ANC maak dit... Lees verder


Ramaphosa versuim om sy grondwetlike plig van nasiebou na te kom

2020-09-25
Die Redaksie

"President Cyril Ramaphosa se uitsprake dat simbole en monumente wat dateer uit die koloniale- en apartheidstyd verwyder moet word en elders hervestig moet word aangesien dit nie deel kan wees van die nuwe demokrasie nie, skep nie nasiebou nie," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Dit... Lees verder


ANC het nie werklik die politieke wil om korrupsie te beveg nie

2020-10-27
Die Redaksie

"Die ANC het nog nooit die politieke wil gehad om korrupsie te beveg nie en dit sal moeilik wees om die uitsprake van president Cyril Ramaphosa oor korrupsiebestryding ernstig op te neem sonder daadwerklike optrede en resultate," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Op 21 April vanjaar... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 297 298 »