Soek Resultate - "#LockDownSouthAfrica"
2020-03-23
Dr Pieter Groenewald
Die aankondiging van president Cyril Ramaphosa van ‘n nasionale inperking van die vryheid van beweging van mense in Suid-Afrika, is ‘n drastiese stap, maar die Covid 19-virus vereis drastiese stappe om ‘n rampspoedige verspreiding van die virus te voorkom.
Die weermag se toetrede ... Lees verder
2020-03-24
Dr Pieter Groenewald
Die VF Plus verwelkom die inperking van beweging om die verdere verspreiding van die koronavirus te voorkom, maar die oponthoud met betrekking tot die publikasie van die regulasies wat die inperking duidelik uiteen sit, is onaanvaarbaar en kan lei tot verwarring en paniek.
Absolute duidelikheid... Lees verder
2020-03-24
Dr. Wynand Boshoff
Die inperking van beweging in Suid-Afrika wat president Cyril Ramaphosa op 23 Maart aangekondig het, beëindig heel moontlik die akademiese jaar van talle studente. Universiteite in Suid-Afrika het die akademiese jaar stormagtig afgeskop, met slegs agt uit 26 universiteite wat geen ontwrigting... Lees verder
2020-03-27
Dr Pieter Groenewald
Daar is steeds talle onsekerhede rondom sekere aspekte aangaande regulasies om die verspreiding van die koronavirus te beperk en die VF Plus sal help om antwoorde in dié verband te vind. Die regulasies bevat baie grys areas wat ruimte vir verskillende vertolkings skep.
Veral die regulasies... Lees verder
2020-03-27
Mnr. Michal Groenewald
Die nasionale departement van samewerkende regering het ʼn skrywe uitgereik rakende die pligte van munisipaliteite tydens die nasionale inperking en die lewering van noodsaaklike dienste. Die VF Plus wil hierdie belangrike inligting met die publiek deel.
Munisipale dienste wat as noodsaaklike... Lees verder
2020-04-06
Philip van Staden
Die VF Plus het in minder as twee dae ingegryp by kwarantyn-sentrums in Lephalale (Ellisras) en in Upington by die Harry Surty-hospitaal en die Eiland-vakansieoord wat hiervoor geoormerk is.
Die VF Plus het laat gisteraand klagtes rondom die Harry Surty-hospitaal ontvang nadat mense wat vanaf... Lees verder
2020-04-08
Philip van Staden
Omstandighede by kwarantyn-geriewe wat die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, geoormerk het vir die Covid-19-pandemie, sal drasties verbeter moet word.
Minister De Lille het reeds verlede maand tussen 37 tot 52 persele geïdentifiseer wat insluit staatsgeboue,... Lees verder
2020-04-08
Jaco Mulder
Probleme met toegang by grensposte en poreuse grense in Mpumalanga kan die effektiwiteit van die nasionale korona-inperking in die wiele ry indien omstandighede en veiligheid by die grense en grensposte nie verbeter nie.
Die poreuse grense tussen Mpumalanga, Mosambiek en Swaziland, skep nie net 'n ... Lees verder
2020-04-14
Dr Pieter Groenewald
Die kommerwekkende toename in misdaad maak dit ‘n saak van dringendheid om buurt- en plaaswagte toe te laat om weer normaalweg te begin funksioneer om die polisie se hand te sterk in die bestryding van misdaad.
Die VF Plus het vandag hierdie versoek in ʼn skrywe aan president Cyril Ramaphosa... Lees verder
2020-04-15
Dr Pieter Groenewald
Die nasionale inperkingsperiode om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer, het ʼn groot uitwerking op die mense van Suid-Afrika en op die land se ekonomiese voortbestaan.
Die infeksiekoers van Covid-19 moet hokgeslaan word terwyl daar op ‘n verantwoordelike en innoverende wyse meer... Lees verder