Soek Resultate - "#LockDownRegulations"

Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie

2020-04-30
Dr Pieter Groenewald

Net soos wat die regering ʼn verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op ʼn sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit.

Die inperking het reeds sy doel... Lees verder


Lesufi se reaksie dat hy wil saamwerk met nie-regeringsorganisasies rakende voedselhulp is ‘n stap in die regte rigting

2020-05-07
Adv Anton Alberts

Luidens mediaberigte het Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, aangedui dat die werk van nie-regeringsorganisasies onontbeerlik is en dat hy graag in gesprek wil tree om 'n middelgrond te vind.

Dit kom nadat die VF Plus in 'n skrywe aan premier David Makhura... Lees verder


Video van wetstoepassers wat kleuter klaarblyklik in hegtenis wil neem skok: VF Plus vra president vir optrede teen beamptes

2020-05-11
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus het vandag onmiddellik met die kantoor van president Cyril Ramaphosa in verbinding getree en beeldmateriaal aan hom gestuur nadat ʼn skokkende video op sosiale media verskyn het waar wetstoepassingsbeamptes van die KwaDukuza-munisipaliteit oënskynlik probeer om ʼn kleuter in hegtenis ... Lees verder


Video van wetstoepassers wat kleuter klaarblyklik in hegtenis wil neem skok: VF Plus vra president vir optrede teen beamptes

2020-05-11
Die Redaksie

"Die VF Plus het vandag onmiddellik met die kantoor van president Cyril Ramaphosa in verbinding getree en beeldmateriaal aan hom gestuur nadat ʼn skokkende video op sosiale media verskyn het waar wetstoepassingsbeamptes van die KwaDukuza-munisipaliteit oënskynlik probeer om ʼn kleuter in... Lees verder


Regeringsinmenging met klere-aankope is onaanvaarbaar

2020-05-13
Jaco Mulder

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, misbruik die magte aan hom toegeken tydens die inperkingstyd om sosialistiese maatreëls in die Suid-Afrikaanse handel af te dwing.

Die minister se nuwe regulasies wat Dinsdagaand in die staatskoerant aangekondig is, skryf... Lees verder


VF Plus gaan hof toe om grendelstaat te beëindig

2020-05-14
Die Redaksie

"VF Plus gaan ʼn dringende aansoek na die hooggeregshof bring om die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet te betwis en om die hof te vra om te bevind dat die regering dié wet misbruik wat daarop neerkom dat die ramptoestand en die gepaardgaande regulasies ongrondwetlik is," sê... Lees verder


ANC neem met oorregulering van voedselhulp-organisasies blaadjie uit Stalin se Holodomor-boek oor verhongering van bevolking

2020-05-19
Adv Anton Alberts

Die ANC se oorregulering van voedselhulp in ʼn land waar meer as ʼn derde van die bevolking werkloos was voor die vernietigende effek van die inperkingsregulasies op die ekonomie, jaag spoke op van Stalin se verhongering van die Oekraïnse bevolking in die jare 1932-32 waarin tussen 2,5 en 7,5... Lees verder


Vinnig verslegtende maatskaplike situasie in Suid-Afrika neem ernstige afmetings aan

2020-05-21
Mnr. Michal Groenewald

Die VF Plus is bekommerd oor die vinnig verslegtende sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika. Die negatiewe impak van die Covid-19-inperkings op gemeenskappe regoor die land begin nou ernstige afmetings aanneem.

Die Covid-19-regulasies, asook die afwykende en soms onsinnige toepassing daarvan,... Lees verder


Minister van handel en nywerheid moet verantwoordbaar wees

2020-05-22
Jaco Mulder

Die VF Plus dring daarop aan dat die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, meer verantwoordbaar moet wees deur gereeld voor die parlement se portefeuljekomitee vir handel en nywerheid te verskyn. Die minister het sedert die instelling van die inperkingsregulasies nog slegs... Lees verder


Polisie-brutaliteit: Terwyl polisie voorgee om te voldoen aan riglyne van Khoza-hofuitspraak, vind verdere gevalle van brutaliteit plaas

2020-05-23
Die Redaksie

"Dit is onaanvaarbaar dat die polisie voorgee om hom te verbind tot die uitspraak in die Collins Khoza-saak waarin brutaliteit teenoor die publiek sterk veroordeel is, terwyl dit in die praktyk steeds voortduur. Die voorval in die Strand waar ʼn vroulike drawwer hardhandig in hegtenis geneem is,... Lees verder


« 1 2 »