Soek Resultate - "#Covid_19SA"

VF Plus stem saam met geleidelike verslapping van inperkingsregulasies, maar wetstoepassers se vertolking daarvan bly kommerwekkend

2020-04-16
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus stem saam dat daar ‘n geleidelike verslapping van inperkingsregulasies moet wees alhoewel dit nie heeltemal duidelik is watter regulasies wel verslap word nie aangesien dit by herhaling geblyk het dit wat die regering sê en dit wat toegepas word, nie noodwendig dieselfde is... Lees verder


Toestande by Noordwes se Covid-19 isolasie-eenheid onaanvaarbaar

2020-04-18
Die Redaksie

Die VF Plus is bekommerd oor die welstand van die persone wat deur Noordwes se departement van gesondheid in gedwonge isolasie geplaas is by die Klerksdorp / Tshepong-hospitaalkompleks in Klerksdorp.

Verskeie klagtes is ontvang oor die swak en ongekontroleerde toestand waarin die mense in isolasie ... Lees verder


VF Plus versoek minister van handel en nywerheid om verkoop van voorbereide voedsel toe te laat

2020-04-19
Jaco Mulder

Die VF Plus het die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, versoek om dringend die verbod op die verkoop van voorbereide voedsel op te hef.

Daar bestaan regtens geen bepaling in die inperkingsregulasies wat voorsiening maak vir die uitsluiting van enige kategorie voedselproduk nie. Die... Lees verder


Duidelikheid moet gegee word oor kwarantyn-geriewe

2020-04-20
Philip van Staden

Daar sal dringend meer duidelikheid gegee moet word oor kwarantyn-geriewe wat beskikbaar gestel is vir die Covid-19-tydperk sodat lede van die parlement, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede hul oorsigrol hieroor effektief kan uitvoer met die nodige voorsorgmaatreëls om ook nie self... Lees verder


Gewone WVF-uitbetalings sloer, maar departement ontken dit

2020-04-22
Heloïse Denner

Die VF Plus word oorval van klagtes van gewone begunstigdes van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat maandeliks voordele uit die fonds ontvang weens onder meer afleggings, kraamverlof, vaderskapsverlof, ens.

Die fonds verkeer onder geweldige druk weens die toename in eise vir die... Lees verder


Staatspensioenfonds (GEPF): VF Plus waarsku trustees oor persoonlike aanspreeklikheid indien fondse aan regering gegee word

2020-04-22
Adv Anton Alberts

Die VF Plus rig ‘n waarskuwing aan die trustees van die staatsdienspensioenfonds (GEPF) dat hulle weens roekelose optrede persoonlik aanspreeklik gehou kan word indien die GEPF op enige wyse fondse beskikbaar stel aan die regering vir enige rede, insluitende die skep van ‘n ekonomiese... Lees verder


Dawid Kruiper-munisipaliteit sny krag in Upington – VF Plus tree op

2020-04-23
Die Redaksie

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit in Upington en omstreke het in stryd met Covid-19-inperkingsregulasies begin om krag by agterstallige rekeninghouers af te sny.

Die VF Plus het reeds die munisipale bestuurder daarop gewys dat dié optrede in verskeie opsigte onwettig is.

Volgens... Lees verder


Risiko-analitiese-benadering van president Ramaphosa in lyn met VF Plus se voorstelle oor opheffing van inperking, maar groter duidelikheid rondom vlak vier nou dringend nodig

2020-04-23
Dr Pieter Groenewald

Die risiko-analitiese-benadering wat president Cyril Ramaphosa volg om die Covid-19-inperkingsregulasies op te hef, is die regte optrede, maar dit is nou van die grootste belang om so gou en so deeglik as moontlik die detail rondom vlak vier bekend te maak om die onlangse verwarring rakende... Lees verder


Vryheidsdag sonder vryheid kan die ware betekenis van die begrip tuisbring

2020-04-27
Dr Pieter Groenewald

Dit is ironies om vandag Vryheidsdag sonder baie vryhede te gedenk. Dit kan egter daartoe bydra om die ware betekenis van die begrip onder die mense van Suid-Afrika tuis te bring, in besonder hoe belangrik vryheid werklik is.

Die breë beleid van die regering soos swart ekonomiese bemagtiging... Lees verder


Skandalig hoe mense in kwarantyngebiede moet tuisgaan

2020-04-30
Philip van Staden

Die VF Plus spreek sy skok en afgryse uit oor die haglike kwarantyn-omstandighede waaronder mense wat vanaf buurstate in Suid-Afrika aankom, vir veertien dae moet tuisgaan.

Dit is niks minder nie as skandalig hoe die Suid-Afrikaanse regering hierdie mense – baie van hulle Suid-Afrikaanse... Lees verder


« 1 2 »