Uitvoerende Dagbestuur

Dr Pieter Mulder

VF Plus leier, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye

Pieter Mulder het sy hoërskoolopleiding aan die Riebeeck Hoërskool, Randfontein voltooi. Hy was onder andere hoofseun, het vir die eerste span rugby gespeel en was in atletiek Victor Ludorum.

Na skool verrig hy sy militêre diensplig. Aan die einde van die jaar is die eresabel aan...

Dr Pieter Groenewald

Leier in die Parlement en Federale Voorsitter

Pieter Groenewald is die parlementêre leier en die federale voorsitter van die Vryheidsfront Plus. Hy is ook die provinsiale leier van die party in Noordwes. Pieter was tydens sy politieke loopbaan burgemeester, lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes, parlementslid en...

Dr Corné Mulder

Provinsiale leier in die Wes-Kaap en Hoofsweep in die Parlement

Corné Mulder is die hoofsweep van die Vryheidsfront Plus in die parlement en ook die provinsiale leier in die Wes-Kaap. Corné is in 1988 as parlementslid vir die Randfontein kiesafdeling verkies. Hy is die voorsitter van die Vryheidsfront se grondwetlike- en beleidskomitee. 

...

Adv Anton Alberts

Parlementslid

Anton Alberts is ‘n parlementslid van die Vryheidsfront Plus. Hy is die voorsitter van die party se inligting en bemarkingskomitee en 'n onderleier in Gauteng.

Anton Alberts is in 1970 gebore en het sy hoërskoolopleiding aan die Hoërskool Roodepoort voltooi. 

Hy studeer aan...

Rdl André Fourie

VF Plus raadslid in die Kaapse Metroraad

André Fourie is ‘n oud-minister wat sy politieke loopbaan as parlementslid in 1970 begin het. Tans dien hy die gemeenskap as ‘n VF Plus raadslid in die Kaapse Metroraad. Hy is onderleier van die party in die Wes-Kaap.

André het aan die Hoërskool Tom Naude in...

Mnr Wouter Wessels

Lid van Vrystaat Wetgewer en Nasionale Jeugleier

Wouter is 'n lid van die Provinsiale Wetgewer in die Vrystaat en die nasionale jeugleier van die VF Plus.

Mnr. Jan van Niekerk

Provinsiale leier van die Vrystaat

1. Jan van Niekerk is in Harrismith in die Vrystaat gebore en het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Vrede voltooi.

2. Na skool het hy in die VSA vir een jaar gewerk.

3. Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer waar hy ‘n aktiewe rol in studenteleierskap gespeel het.

4....