Klasaksie eis teen Transnet deur die Transnet Pensioenarisse

2014-02-27
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus kan met genoegdoening aankondig dat ons op die vooraand staan van die klasaksie-eis teen Transnet waar die 70 000 Transnet-pensioenarisse skade van bykans R80 miljard van Transnet en die regering gaan eis.

Die regspan het aangedui dat hulle betooghoofde klaar is en wag nou net vir die betooghoofde van die respondente alvorens die adjunk-regterpresident van die Noord-Gautengse Hooggeregshof ‘n hofdatum gaan bepaal.

Die VF Plus wens die pensioenarisse sterkte toe met die eis wat die grootste in die geskiedenis van Suid-Afrika is. Daar is ‘n lang en moeisame pad tot hier geloop, maar ons glo geregtigheid is om die draai.

Vir Transnet en die regering lê daar swarigheid voor. Sodra die hof beslis dat die pensioenarisse kan as ‘n klas teen Transnet en die regering ageer, sal Transnet se kredietgradering drasties val. Dit kan ook ‘n effek hê op die nasionale regering se kredietgradering. Uiteindelik, ter wille van die land in sy geheel, sal die regering aandag moet gee aan die probleem voordat dit die land se ekonomie in geheel affekteer. Julle is gewaarsku.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403