Die Nasionale Kredietwysigingswetsontwerp / National Credit Amendment Bill

2014-02-27
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus is in die algemeen ‘n party wat glo dat die vryemark beskerm moet word en redelik onbelemmerd moet funksioneer. Tog is daar gevalle waar ‘n onbelemmerde mark geweldige ontberings kan veroorsaak. Dit is dan ook die geval met kredietverlening.

Any modern economy cannot function without credit. However, there must be a balance between credit exposure and savings. In that regard, we are quite positive about the Minister of Finance’s plan to increase savings and provide for compulsory retirement planning. As for the credit industry itself, and given the abuses that take place, we welcome the National Credit Amendment Bill as an instrument that strengthens consumer rights. As much as we do not agree with excessive market intervention, we also recognize that protection against unscrupulous creditors is required. Creditors also need to be protected against themselves as reckless credit provision harm themselves, and ultimately on a collective basis the country as a whole.

Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings kan soveel beter aangepak word indien ons meer spaar. Dit beteken aan die een kant dat roekelose kredietverlening ingeperk moet word en dat kredietverskaffers gestraf word wat hieraan deelneem. Dit is veral die banke en mikroleners wat te maklik krediet toestaan en dan sonder genade toeslaan op verbruikers wat gewoonlik nie geletterd genoeg is om te verstaan wat die implikasies van die lenings is nie. Dit het veral in Marikana sy kop uitgesteek. Daar is egter nog baie Marikanas wat wag om te gebeur en daarom is die wysigings op die Krediedwet van groot waarde. Veral die kriminalisering van onwettige heffings sal ‘n duidelike boodskap aan kredietverskaffers stuur om nie gewone mense in slawerny van skuld te dompel nie.

As I have stated before, it is a pleasure for me to serve on this committee. We agree on most issues, save for grave interventions like BBBEE, and it is good to see that we can fight injustices against consumers together.

It is part of the FF Plus’ philosophy to fight injustice wherever it can.

Dankie Speaker/ Adjunk-Speaker

 

Kontaknommers / Contact numbers: 082 391 3117 / 083 419 5403