Nuutste Nuus

Balju lê beslag op meubels en rekenaars van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit weens agterstallige skuld

2018-05-28
Die Redaksie

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes verlede Donderdag hul werksaamhede summier stop toe die balju15 rekenaars en ‘n aantal kantoorstoele uit die kantore van die munisipale bestuurder en krediet-kantore verwyder... Lees verder


Noodsaak vir wysigings aan Ouditwet bewys ANC se onvermoë

2018-05-26
Die Redaksie

Wysigings aan die Openbare Ouditwet wat daarvoor voorsiening maak dat die Ouditeur-Generaal (OG) self amptenare wat hulle aan finansiële misdrywe skuldig maak kan aankla by die vervolgingsgesag, is noodsaaklik omdat die nodige politieke wil by die ANC ontbreek om self op te tree.

"Dit is nie... Lees verder


Probleme by SA Express is diepliggend

2018-05-26
Die Redaksie

Die drie hoofredes waarom alle SA Express-vliegtuie se vlerke vandag sonder seremonie geknip is, onderliggend aan die probleme van die SAL, staatsentiteite, munisipaliteite en alles onder beheer van die ANC-regering: Wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie.

 Die Burgerlugvaartowerheid het... Lees verder


ANC-regering faal leerders van Suid-Afrika

2018-05-26
Die Redaksie

Die nasionale departement van basiese onderwys en sy provinsiale filiale is besig om die land in sy geheel, maar veral die kinders van die land, te faal.

"Daar is sedert 1994 deur die ANC op leerders geëksperimenteer met verskillende opleidings-filosofieë, soos uitkomsgebaseerde... Lees verder


VF Plus dien Solidariteit-versoekskrif oor SAL in by die parlement

2018-05-25
Die Redaksie

Die VF Plus het op versoek van Solidariteit ʼn versoekskrif by die parlement ingedien waarin onder meer gesê word ‘radikale ingryping’ by die SAL is nodig en dat die parlement opdrag moet gee dat die redery sonder meer in ʼn proses van sakeredding geplaas moet word.

Luidens die... Lees verder


Koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel is, se begroting vir Tshwane-metroraad (Pretoria) is op die toekoms gerig

2018-05-25
Die Redaksie

Die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2018/19 finansiële jaar is nie gemik op korttermyn gewin nie, maar eerder op toekomstige volhoubaarheid.

Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van openbare rekeningekomitee in die Tshwane-metroraad, sê die koalisie-regering... Lees verder


Hef aan lê vir Gordhan voor om openbare ondernemings reg te ruk

2018-05-25
Die Redaksie

Daar wag reuse werk vir minister Pravin Gordhan om die departement van openbare ondernemings reg te ruk. Om die tentakels van alle staatskapers af te sny, gaan nie ‘n maklike taak wees nie. Boonop klou die tentakels van ‘n seekat nog lank nadat die kop verwyder is.

"Dit is ironies dat... Lees verder


"Rooi ligte flikker oor realiteit van nasiebou" - Groenewald

2018-05-24
Die Redaksie

“Wit mense van Suid-Afrika vra geen spesiale gunste, gawes of voorkeurbehandeling nie. Hulle vra gelyke regte en gelyke behandeling. Indien die regering dit toestaan, sal Suid-Afrika op die wenpad geplaas word.”

Dit was die boodskap Woensdag van dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier in... Lees verder


Munisipaliteite is in totale verval - OG

2018-05-23
Die Redaksie

Die oudit-uitkomste van Suid-Afrikaanse munisipaliteite wat Woensdag deur die Ouditeur-Generaal (OG), Kimi Makwetu bekendgemaak is, wys dat munisipaliteite, nie soos die ANC wil voorgee, deur die wêreldekonomie of gebrekkige munisipale wetgewing geaffekteer word nie, maar deur dieselfde ANC... Lees verder


Bedanking (vroeë aftrede) mag nie Noordwes-premier van vervolging red nie

2018-05-23
Die Redaksie

Die VF Plus verwelkom die bedanking (vroeë aftrede) van Supra Mahumapelo as premier in Noorwes, maar sal nie toelaat dat die bewerings van grootskaalse bedrog en korrupsie wat hom betrek, nie steeds deeglik ondersoek word nie. Die bedanking van die premier mag hom nie kwytskel van vervolging... Lees verder


« 1 2 ... 5 6 7 8 9 ... 54 55 »