Nuutste Nuus

Nkandla-hofsaak moet voortgaan vir grondwetlike sekerheid

2016-02-04
Dr Pieter Mulder

President Zuma se Nkandla-skikkingsvoorstel is soos altyd te min te laat. Dit gaan nie die Nkandla-probleme oplos nie. Daarom is die VF Plus ten gunste daarvan dat die hofsaak in die Grondwethof voortgaan. Dit is noodsaaklik dat die Grondwethof vir eens en vir altyd die magte van die Openbare... Lees verder


Onteieningswetsontwerp 'n instrument om grondgrype te wettig

2016-02-03
Dr Pieter Groenewald

“Die Onteieningswetsontwerp wat deur die portefeuljekomitee van Openbare Werke goedgekeur is, word deur die Vryheidsfront Plus verwerp. Dit is niks anders nie as ʼn instrument om grondgrype deur die regering te wettig,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van grondhervorming ... Lees verder


DA-raadslid sê waarom sy aansluit by die VF Plus

2016-02-03
Dr Pieter Mulder

ʼn Gesoute DA-raadslid van Moqhaka (Kroonstad) in die Vrystaat het uit die DA bedank en die VF Plus as haar nuwe politieke tuiste gekies. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het haar vandag amptelik tydens ʼn mediakonferensie in Bloemfontein by die VF Plus welkom geheet. Dr. Albe Viljoen was vir 16... Lees verder


Menseregtekommissie (MRK) skram daarvan weg om Zuma te ondersoek oor rasseverdeling en rassehaat oor grond

2016-01-28
Dr Pieter Groenewald

“Die Menseregtekommissie (MRK) skram daarvan weg om president Jacob Zuma te ondersoek nadat die Vryheidsfront Plus ʼn klag van rasseverdeling en die stook van rassehaat teen hom ingedien het,” sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die Vryheidsfront Plus.

Dr. Groenewald sê ... Lees verder


Wiele begin rol met Transnet-hofsaak

2016-01-26
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is verheug dat daar eindelik vordering is in die geding wat Transnet-pensioenarisse in die vorm van ʼn klasaksie-eis teen Transnet en die regering aanhangig gemaak het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Die pensioenarisse se regspan ... Lees verder


Huidige tipe rassedebat verskeur SA

2016-01-25
Dr Pieter Mulder

Die ANC is besig om die Suid-Afrikaanse samelewing effektief uitmekaar te skeur en in twee kampe te verdeel met die wyse waarop die organisasie tans hulle veldtog oor rassisme voer.

Rassisme van swart en van wit kant dra die kiem om Suid-Afrika en alle verhoudinge te vernietig. Daarom moet alle... Lees verder


Kersfeesboodskap – 2015

2015-12-22
Dr Pieter Mulder

Die jaar 2015 snel tot ʼn einde. Finansiële onsekerheid heers in Suid-Afrika.

In hierdie jaar vlug honderdduisende desperate mense voor geweld na Europa.

In Parys Frankryk word 130 mense wreed vermoor - onskuldige restaurant- en konsertgangers.

Bokant Egipte ontplof ʼn terroristiese-bom aan... Lees verder


Versoening, die Gelofte van 1838 en die Afrikaner se plek in SA

2015-12-16
Dr Pieter Mulder

“Meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hulle kinders. Hulle soek ook die reg om hulleself te wees, as byvoorbeeld Afrikaners, in ’n land met baie tale en kulture. Is dit te veel gevra?” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier in ’n toespraak... Lees verder


VF Plus se jaarlikse evaluering van ANC-Kabinet prestasies/mislukkings 2015

2015-12-07
Dr Pieter Mulder

VF Plus se jaarlikse evaluering van ANC-Kabinet prestasies/mislukkings 2015

Inhoudsopgawe

1. Werkswyse

2. Voordele

3. Rapport

Hiermee die VF Plus se jaarlikse einde van die jaar evaluering (rapport) van die ANC-kabinet se prestasies en mislukkings in 2015.

1. Werkswyse.

As werkswyse word... Lees verder


Publiek het die reg om te weet wat by SAL gebeur

2015-11-24
Adv Anton Alberts

Die publiek van Suid-Afrika het die volste reg om te weet hoe gehawend die geldsake van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is, en dit is betreurenswaardig dat die media nou verbied word om daaroor te berig,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


« 1 ... 3 4 5 6 7 ... 12 13 »