Nuutste Nuus

Minister Dlamini moet aangekla word van minagting van die hof en behoort summier afgedank te word

2017-03-14
Dr Corné Mulder

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het haar skuldig gemaak aan minagting van die hof. Sy moet daarvoor aangekla word en behoort summier afgedank word, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sosiale ontwikkeling.


Dr. Mulder... Lees verder


Misdaadstatistiek: Geweldsmisdaad bly styg en wek kommer

2017-03-03
Dr Pieter Groenewald

Die eerste kwartaalikse (semester) bekendmaking van misdaadstatistiek word verwelkom deur die Vryheidsfront Plus, aangesien die party etlike jare reeds daarvoor vra. Die misdaadstatistiek vir die eerste semester wat strek vanaf 1 April 2016 – 30 September 2016 is vir die eerste keer aan die... Lees verder


Minister erken hy het geen idee wat die stand van nalatigheid in staatshospitale is nie

2017-02-28
Adv Anton Alberts

Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, en sy departement het geen inligting beskikbaar oor hoeveel mense weens nalatigheid in Suid-Afrika se staatshospitale sterf nie, en het tewens geen idee wat die stand van nalatigheid in die hospitale is nie, sê adv. Anton Alberts, de VF Plus... Lees verder


Skokkend dat Speaker van parlement nie debat oor plaasmoorde wil toelaat nie

2017-02-24
Dr Pieter Groenewald

Dit is skokkend dat die groeiende slagting onder boere van Suid-Afrika nie as belangrik genoeg geag word om in die land se parlement bespreek te word nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Nadat dr. Groenewald verlede week (16 Februarie) die Speaker van die Nasionale... Lees verder


Gauteng psigiatriese sterftes: Swakkes en siekes uitgelewer aan 'n gevoellose ANC-regering

2017-02-23
Adv Anton Alberts

ʼn Regering wat goed omsien na die weerloses van ʼn land is ʼn goeie regering. In Suid-Afrika gebeur die teenoorgestelde en is die swakkes en siekes uitgelewer aan ʼn gevoellose ANC-regering op wie se wagbeurt ʼn groot aantal geestelik siek mense onlangs oorlede is, sê adv. Anton Alberts, die VF... Lees verder


Jammer belastingbasis is nie deur verhoogde BTW verbreed nie

2017-02-22
Dr Pieter Groenewald

Dit is jammer dat minister Pravin Gordhan nie die moed gehad het om Suid-Afrika se belastingbasis te verbreed deur BTW te verhoog nie. Met die begroting wat vandag aangekondig is, is dit net die handjievol belastingbetalers wat die belastingwa verder moet trek, sê dr. Pieter Groenewald, leier ... Lees verder


Zuma as naald van morele kompas laat Suid-Afrika rigtingloos

2017-02-15
Dr Pieter Groenewald

Dit is pres. Jacob Zuma se skuld dat Suid-Afrika hom op ʼn rigtinglose koers sonder morele kompas bevind, en dan word die skuld vir die president se eie mislukkings boonop op wit mense gepak, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met die debat oor die... Lees verder


Jammer dat wittes in staatsrede die skuld kry vir Zuma en ANC se mislukkings

2017-02-10
Dr Pieter Groenewald

President Jacob Zuma se staatsrede het niks prakties geopenbaar wat Suid-Afrika se ekonomie sal laat groei nie en sy fokus op wit mense asof hulle die ekonomie beheer, steeds die topposte beklee en nog steeds meer verdien as swartes, is niks anders nie as ʼn rassistiese aanval op witmense, sê... Lees verder


VF Plus stap uit parlement na chaos

2017-02-09
Dr Pieter Groenewald

Omstandighede in die nasionale vergadering het vandag so ʼn chaotiese laagtepunt bereik weens die optrede van die EFF en van sy ondersteuners in die openbare galery dat die VF Plus ʼn punt bereik het waar hy nie anders kon nie as om uit te stap nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF... Lees verder


VF Plus se leier 'ry die tiere'

2017-02-06
Die Redaksie

VF Plus se leier 'ry die tiere'

Deur Alicestine October 04 Februarie 2017 (Artikel in Volksblad en Netwerk24)

’n Mens weet onmiddellik waar jy staan met dr. Pieter Groenewald, die man wat die VF Plus sal moet stuur deur nog ’n onstuimige jaar in die politiek.

Dit is nog begindae vir... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 17 18 »