Besoek ter plaatse bevestig ernstige vrae oor Nkandla

2015-07-22
Dr Corné Mulder

ʼn Besoek aan die Nkandla-landgoed vandag het bevestig dat verskeie uiters ontstellende vrae oor die hele Nkandla-ontwikkeling dringend beantwoord moet word, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit is enigste gevolgtrekking wat hy kan maak na ‘n besoek en inspeksie van meer as drie ure by die Nkandla-landgoed deur die betrokke ad hoc-komitee.

“Hier is meer as R246 miljoen bestee, maar daar is hoegenaamd geen teken gevind dat die geld sinvol aangewend is nie.

“Wat verder verontrustend is, is dat verskeie projekte nie voltooi is nie wat glo verdere koste gaan meebring.

“Vakmanskap wat waargeneem is, was deurgaans van ʼn swak gehalte. Die publiek het met rede reg om ernstig bekommerd te wees oor wat by Nkandla gebeur het,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403