Mediaverklarings

VF Plus se premierskandidaat vir Limpopo

2014-03-25
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus se provinsiale partyraad in Limpopo het dr. Ilse de Beer as sy provinsiale premierskandidaat vir die komende verkiesing aangewys.

Dr. De Beer het opgegroei in Florida, Roodepoort, waarna sy aan PU vir CHO studeer het. Sy behaal haar MA in psigologie en dien ook op die... Lees verder


VF Plus eis afdanking van onbevoegde minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba en vra OB om Transnet se treinbou-tenders te ondersoek

2014-03-24
Adv Anton Alberts

Die VF Plus eis die kop van die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, nadat onreëlmatighede in die toeken van Transnet-tenders nou weer aan die lig gekom het, sê adv. Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Adv. Alberts sê... Lees verder


VF Plus vra dringende debat in Parlement oor Nkandla-verslag

2014-03-24
Dr Pieter Groenewald

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Speaker in die Parlement, in terme van reël 103 en 104 van die Nasionale Vergadering, vra dat ‘n dringende debat van openbare belang oor die Nkandla-verslag gehou word. Hoewel die Parlement in reses is en die oorweging van die Speaker gewoonlik... Lees verder


VF Plus bedank media vir waardevolle bydrae om korrupsie hok te slaan

2014-03-24
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is dankbaar vir die waardevolle rol wat die media speel om as waghond in diens van die gemeenskap op te tree teen korrupsie in die staatsdiens en regering, sê Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Die jongste bewys hiervan is ‘n... Lees verder


Menseregtedag:ANC-regering vertrap die regte van minderhede in Suid-Afrika

2014-03-21
Dr Pieter Mulder

 

 

Die regte van minderhede word al hoe meer vertrap in Suid-Afrika en minderheidsgroepe voel toenemend vervreemd in hul eie land het, dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, vandag op Menseregtedag in Bellville gesê.

Dr. Mulder het by Danie Uys-park in Bellville gepraat op... Lees verder


VF Plus ondersteun Solidariteit en Renate Barnard met voortslepende regstel-saak wat vandag in Grondwethof aangehoor word

2014-03-20
Adv Anton Alberts

Die VF Plus steun Solidariteit in sy saak vandag in die Grondwethof waar die polisie gaan probeer om die beslissing van die appèlhof aangaande Renate Barnard omver te werp, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Arbeid.

Volgens adv. Alberts het... Lees verder


VF Plus besorg oor toestand van paaie in Vrystaat

2014-03-19
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het ‘n dringende brief aan die LUR vir Paaie in die Vrystaat, mnr.  B. Komphela, gestuur oor talle grond- en teerpaaie in die provinsie wat in so ‘n mate verval het dat dit lewensgevaarlik is om daardie paaie te gebruik.

Die Vryheidsfront... Lees verder


Strafregtelike klagte moet nou volg op OB se Nkandla-verslag

2014-03-19
Dr Pieter Groenewald

Dit is duidelik uit die verslag van die Openbare Beskermer (OB) dat belastingbetalersgeld wanaangewend en -bestee is waardeur pres. Jacob Zuma persoonlik verryk is, en strafregtelike klagte moet nou uit die verslag voortspruit, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


VF Plus staan lank reeds aan voorpunt van minderhede se stryd teen diskriminasie en regstellende aksie

2014-03-18
Dr Corné Mulder

Openbare verset teen regstellende aksie is besig om momentum te kry en die VF Plus, wat ‘n politieke alleenstryd teen dié diskriminerende beleid voer, sal uitreik na minderhede wat die ANC-regering in toenemende mate hieroor aanvat, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se... Lees verder


Bernadine Kruger-kruisplanting: ā€™n Monument vir alle padslagoffers

2014-03-18
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n kruis geskenk aan die ouers van Bernadine Kruger tydens ‘n kruisplanting-seremonie gehou in Pretoria-Oos naby die plek waar Bernadine vyf jaar gelede deur ‘n taxi doodgery is. “Die kruis is geplant ter nagedagtenis van die onnodige... Lees verder


« 1 2 ... 85 86 87 88 89 ... 105 106 »