Mediaverklarings

Gesprek met minister oor Derby-Lewis en mediese parool

2014-03-30
Dr Pieter Mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het oor die naweek ’n lang en indringende gesprek met
mnr. Sibusiso Ndebele, Minister van Korrektiewe Dienste, gehad oor die posisie van Clive Derby-Lewis. Die gesprek het oor Derby-Lewis se mediese toestand en veiligheid in die tronk gegaan.

... Lees verder

VF Plus eis dat Centlec verbruikers se regte in ag neem

2014-03-28
Die Redaksie

Centlec is die afgelope tyd besig om in Bloemfontein, in onder andere Fichardtpark en Langenhovenpark, bestaande elektriese meters met voorafbetaalde meters te vervang. Die VF Plus is ten gunste van die vervanging van bestaande meters met voorafbetaalde meters, maar eis dat Centlec dit billik en... Lees verder


OVK gooi bal oor ondersoek na ANC-advertensieborde in Gauteng terug na OB

2014-03-28
Dr Pieter Mulder

Vier maande nadat die VF Plus ‘n klag ingedien het oor propagandistiese advertensieborde in ANC-kleure wat Gauteng se provinsiale regering langs paaie in die provinsie opgerig het, is daar nog nie eens begin met die ondersoek nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Volgens... Lees verder


VF Plus dring by minister van arbeid daarop aan dat konsepregulasies oor gelyke indiensneming teruggetrek word

2014-03-28
Dr Pieter Mulder

Die VF Plus het gister formeel beswaar aangeteken teen die konsepregulasies oor gelyke indiensneming, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Mulder was gister (27 Maart) die sperdatum om beswaar aan te teken teen die konsepregulasies op die Gewysigde Wetsontwerp op Gelyke... Lees verder


Taxi-bestuurder wat drawwer raakry het doelbewus verkeersreëls oortree en moet van poging tot moord aangekla word

2014-03-27
Adv Anton Alberts

‘n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur teen ‘n taxibestuurder wat ‘n atleet van Pretoria raakgery het, is skreiend onvoldoende en ‘n klag van poging tot moord moet teen hom ondersoek word omdat hy doelbewus ‘n verkeerswet oortree het, sê adv. Anton Alberts, ... Lees verder


Net president kan heroopstel van grondeise stop

2014-03-27
Dr Pieter Mulder

Die goedkeuring van die Wetsontwerp op die Herstel van Grondregte deur die Raad van Provinsies is ’n ernstige terugslag vir die landbou en vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in die breë. Die VF Plus doen ’n beroep op die president om nie die wet te onderteken voordat hy nie die... Lees verder


Mikro-organismes kan in toekoms groot rol speel in internasionale voedselsekerheid

2014-03-26
Dr Pieter Mulder

Navorsing, tegnologie en kennisdeling gaan in die toekoms allerbelangrik wees om kos te voorsien aan die wêreld se groeiende bevolking met sy snel krimpende natuurlike bronne.

Dit was die tema van ‘n toespraak wat dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye,... Lees verder


ANC misbruik raadsvergadering vir politieke propaganda

2014-03-26
Die Redaksie

Die VF Plus maak ten sterkste beswaar teen die wyse waarop die ANC die spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metroraad van 26 Maart 2014 vir goedkoop politieke gewin misbruik het. Die vergadering het in die stadsaal en nie in die raadsaal plaasgevind nie. Busse vol mense, baie geklee in... Lees verder


VF Plus begin veldtog om Openbare Beskermer te beskerm

2014-03-25
Wouter Wessels

Dit is in die belang van almal in Suid-Afrika om toe te sien dat die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) toegelaat word om sonder inmenging met sy belangrike werk voort te gaan, sê Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus.

Wessels sê tot nou toe het die OB, tans adv. Thuli... Lees verder


VF Plus onderhandel afslag vir pensioenarisse

2014-03-25
Die Redaksie

Die VF Plus in Johannesburg het weer vanjaar die Johannesburgse metro versoek om pensioenarisse van ouer as 70 jaar te onthef van grondbelasting. Die versoek het betrekking op eiendomme wat minder as R2 miljoen werd is.

Dit volg nadat die VF Plus-raadslid in die metro, Franco de Lange, se... Lees verder


« 1 2 ... 84 85 86 87 88 ... 105 106 »