Mediaverklarings

Sportminister se uitsprake oor kwotas wys hoe onkundig hy oor sport is

2014-04-08
Adv Anton Alberts

5Die kwota-uitsprake en dreigemente van mnr. Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, is so ver verwyder van die realiteit van die professionele sportwêreld en so gevaarlik afbrekend vir nasiebou dat dit hom ongetwyfeld die week se toekenning van ‘Nar van die Week’... Lees verder


VF Plus plaas kollig op plaasmoorde, grondhervorming en regstellende aksie op vergadering in Ermelo

2014-04-07
Dr Pieter Mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, en ander leiersfigure in die VF Plus het Saterdag, 5 April, met ‘n verkiesingsvergadering op Ermelo die kollig laat val op plaasmoorde, regstellende aksie en grondhervorming en het weer daarop gewys dat die party die ‘goue formule’ het om... Lees verder


Johannesburgse metro kan geld invorder, maar nie genereer nie

2014-04-07
Die Redaksie

Die Johannesburgse metro het geen politieke wil om die munisipaliteit se bates te ontgin en sodoende meer inkomste te genereer nie. Boonop weet die metro self nie oor hoeveel bates hy beskik nie en dit veroorsaak dat werkskepping in die stad daaronder ly, sê mnr. Franco de Lange, VF... Lees verder


Minister Nkwinti se voorstel oor plase is onwerkbaar

2014-04-06
Dr Pieter Mulder

Die voorstel van minister Gugile Nkwinti en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake dat kommersiële boere helfte van hulle plase vir hul werkers gee, is onwerkbaar en ondeurdag.

Die voorstel gaan nie die grondhervorming probleme in Suid-Afrika oplos nie en gaan beslis... Lees verder


Eiendomseienaars moet hulself van nuwe belastingregulasies vergewis

2014-04-04
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus moedig eienaars van eiendom in die Mogale City-munisipale gebied aan om hulself vroegtydig te vergewis van die voorstelle en veranderinge aan die plaaslike eiendomsbelastingbeleid, sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in die Mogale City-stadsraad in Krugersdorp.

Dit... Lees verder


VF Plus besoek landbouprojekte te Harrismith en Vrede

2014-04-04
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus is genoodsaak om die toestand van diere by die Vrede-suiwelprojek by die DBV aan te meld. Die VF Plus is uiters bekommerd oor die feit dat die provinsiale regering alle hulpmiddels aan die landbouprojekte verskaf, maar dat dit blyk dat die projekte nie volhoubaar is indien... Lees verder


Twee baie ernstige terugslae vir die ANC

2014-04-04
Dr Pieter Mulder

Op een dag het die ANC twee geweldige terugslae tot voordeel van demokrasie in Suid-Afrika beleef. Suid-Afrika kan nie vir veel langer die tirannie van die ANC se magsmisbruik oorleef nie.

Die Suid-Gauteng Hooggeregshof het vandag uitspraak gelewer dat Zwelinzima Vavi se skorsing as... Lees verder


VF Plus dien Maandag strafregtelike klagte in na bevindings van OB oor onreëlmatige Pelgrimsrus-huurtenders

2014-04-03
Adv Anton Alberts

Die VF Plus was van plan om vandag strafregtelike klagte by die polisiekantoor in Brooklyn, Pretoria, in te dien teen amptenare wat betrokke was by beweerde onreëlmatighede met die toeken van tenders vir die huur van eiendomspersele in Pelgrimsrus, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Sanral se dreigemente om nie-betalers van e-tol te arresteer strook nie met die minister se uitsprake nie

2014-04-03
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus het kennis geneem van nuusberigte op sekere radiostasies waar Sanral padgebruikers wat nie hulle e-tolrekeninge vereffen nie, met arrestasie en tronkstraf dreig. Volgens nuusberigte op Highveld Stereo en Talk 702 het Sanral die publiek gewaarsku om te betaal of tronk toe te... Lees verder


VF Plus by polisie oor klag van korrupsie teen amptenaar van Ekurhuleni-behuising

2014-04-02
Adv Anton Alberts

Die VF Plus was vandag by die Brakpan-polisiekantoor om ‘n klag te bespreek wat ingedien gaan word teen ‘n amptenaar in die behuisingsdepartement van die Ekurhuleni-metroraad wat omkoopgeld van behoeftiges gevra het sodat hulle nie uit hul staatshuise geskop word nie, sê adv.... Lees verder


« 1 2 ... 80 81 82 83 84 ... 102 103 »