Mediaverklarings

VF Plus-jeug vergader met Bapela oor NYDA

2014-02-11
Wouter Wessels

Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) was die afgelope paar jaar in verskeie omstrede voorvalle betrokke. Dit sluit in die R100 miljoen vir die Wêreld-jeugfees, R62 miljoen se onregmatige uitgawes en die hoof uitvoerende beampte se salaris van R2,43 miljoen per jaar.

Die VF... Lees verder


Bekendmaking van stemdag onderstreep belangrikheid van registrasie

2014-02-07
Dr Pieter Mulder

Vandag is bekend gemaak dat stemdag vanjaar op Woensdag 7 Mei sal wees. Daarom is dit nou van die grootste belang dat elke Suid-Afrikaner besin oor die belangrikheid van die verkiesing, en homself moet vergewis van die noodsaaklikheid daarvan om te stem sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF... Lees verder


Moqhaka besoedel die water

2014-02-06
Wouter Wessels

Die VF Plus in die Vrystaat het eergister 'n verslag ontvang wat die toksisiteit van die water in die Valsrivier bevestig.  Verskeie boere in die Bothaville omgewing het 'n toename in dooie visse in die rivier gewaar en die wetenskaplike ondersoek laat doen. Daar was ook gevalle waar beeste... Lees verder


OVK ondersoek nou ANC-advertensieborde in Gauteng

2014-02-06
Dr Pieter Mulder

Die Openbare Beskermer (OB) het ‘n klag van die VF Plus oor die propagandistiese advertensieborde in ANC-kleure wat die provinsiale regering van Gauteng enkele maande gelede langs paaie in dié provinsie opgerig het, na die OVK verwys.

Dit volg nadat dr. Pieter Mulder, leier van die... Lees verder


Mislukte samewerking tussen DA en Agang

2014-02-03
Dr Pieter Mulder

Samewerking tussen opposisiepartye is noodsaaklik ten einde die ANC se dominante posisie in die Suid-Afrikaanse politiek te beëindig.

Die groot vraag is watter tipe samewerking die beste is om hierdie doel te bereik.

Die DA se manier is om met ander partye saam te smelt terwyl die DA steeds... Lees verder


DA-optog na ANC is resep vir konflik

2014-02-03
Dr Pieter Groenewald

Die onverdraagsaamheid van die ANC en die uitdagende houding van die DA rakende die DA se beplande optog na die Luthuli-huis more, het al die elemente van ‘n konflik en albei partye sal skuld en verantwoordelikheid moet aanvaar indien dit gewelddadig raak, sê dr. Pieter Groenewald, die... Lees verder


Wêreld moet Japanse slagting van dolfyne teenstaan

2014-01-31
Dr Pieter Mulder

Die Vryheidsfront Plus is dit eens met lande soos Amerika en Brittanje dat die jaarlikse slagting van dolfyne in Japan ‘n sinnelose en grusame tradisie is en dat wêreldleiers druk op Japan moet plaas om die slagting  stop te sit, sê dr. Pieter Mulder, leier van die... Lees verder


VF Plus maan Tshwane-metro om sy eie bywette toe te pas

2014-01-31
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria het gister tydens die maandelikse raadsvergadering van die Tshwane Metro, die raad gewaarsku om sy eie bywette te begin toepas op sy eie departemente en amptenare.

Tydens die debat waar die gesondheidswet vir kinderdienste op die tafel gedien het, het die VF Plus ... Lees verder


Sasco moet aanhitsing by TUT staak

2014-01-30
Die Redaksie

Klasse by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria moes Woensdag opgeskort word nadat die ANC-geaffilieerde student-organisasie Sasco, betoog het teen die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS).

Die studente het kampus ontwrig toe bande buite die kampus se hekke aan die... Lees verder


Tolhek-taakgroep (TAG) bestaande uit die VF Plus, TLU-SA en NBU gaan voort met hofsaak om die E-Tolwet ongrondwetlik te verklaar

2014-01-30
Adv Anton Alberts

Die Tolhek-aksiegroep (TAG) bestaande uit die Vryheidsfront Plus, die Transvaalse Landbou Unie van Suid-Afrika (TLU SA) en die Nasionale Belastingbetalers Unie (NBU) is vasbeslote om voort te gaan met die hofsaak om die Wet op Vervoerwette en Verwante Aangeleenthede (ook bekend as die E-Tolwet)... Lees verder


« 1 2 ... 79 80 81 82 83 ... 93 94 »