Mediaverklarings

DA verraai sy kiesers – VF Plus nou die ware opposisie in Gauteng

2014-04-22
Adv Anton Alberts

Die DA het sy kiesers verraai en gaan hulle steun uitverkoop aan of die ANC of the EFF, indien die mediaberigte van die naweek waar is. Volgens die mediaberigte is die DA in gesprek met die ANC en EFF om, in ruil vir sleutelposisies, ‘n koalisie met een of albei van die partye aan te gaan na... Lees verder


Ad hoc-komitee oor Nkandla moet dadelik met sy werk begin

2014-04-22
Dr Corné Mulder

Die veelparty ad hoc-komitee wat sal handel met die verslag van die Openbare Beskermer (OB) oor Nkandla moet dadelik met sy werksaamhede begin noudat die ANC uiteindelik sy sewe lede vir die komitee aangewys het, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Die OB het onder meer... Lees verder


Marius Fransman sweep weer op in De Doorns na bloedvergieting van verlede jaar

2014-04-22
Dr Corné Mulder

Skaars langer as ‘n jaar na die bloedige onluste in De Doorns waarin mense dood is en groot skade aangerig is, is Marius Fransman weer besig om die geweldsvure in die gebied te stook en die ANC sal moet pa staan as dit tot geweld lei, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se... Lees verder


Cosatu se uitlatings dat wit mense uit die staatsdiens ontslaan moet word, is ongrondwetlik en rassisties

2014-04-17
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus se toekenning van Nar van die Week gaan hierdie week aan Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, wat vandag in die Cape Argus sê dat meer as die helfte van alle wit staatsamptenare ontslaan moet word indien die ANC die provinsie in die... Lees verder


VF Plus verwelkom vervolging van Richard Mdluli

2014-04-17
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die hofuitspraak ten gunste van die drukgroep Freedom Under Law dat Richard Mdluli, die polisie se voormalige misdaad-intelligensiehoof, vervolg moet word, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê Mdluli het as hoof... Lees verder


Valke gaan ondersoek instel na onreëlmatige Pelgrimsrus-huurtenders

2014-04-16
Adv Anton Alberts

Die ingryping verlede jaar van die VF Plus oor onreëlmatighede met huurtenders op Pelgrimsrus, het nou daartoe gelei dat die Valke ‘n hoëvlak-ondersoek gaan doen na moontlike bedrog waarby amptenare betrokke was, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Kommissie vir Gelyke Indiensneming (KGI) is gebrekkig saamgestel en mislei mense jaar na jaar met swak en verkeerde data

2014-04-16
Adv Anton Alberts

Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming (KGI) manipuleer statistiek en skets weereens met swak en verkeerde data ‘n misleidende prentjie van die Suid-Afrikaanse werkplek om regstellende aksie (RA) onbepaald aan die lewe te hou, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


VF Plus-verkiesingsmanifes vir die Wes-Kaap

2014-04-15
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus (VF+) verteenwoordig onbeskaamd die belange van alle Afrikaanssprekendes, konserwatiewe Engelssprekendes en die verskeidenheid Bruin- en ander minderheidsgemeenskappe om saam in die Wes-Kaap tot sy reg te laat kom gebaseer op die regte van minderhede soos vervat in die... Lees verder


Polisie kan publiek nie meer beskerm, sê VF Plus na bylaanval

2014-04-14
Jaco Mulder

Die polisie is nie meer in staat om die publiek te beskerm nie, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng en lid van die provinsiale wetgewer, na die noodlottige bylaanval op mnr. Laslow Bercsényi van Bon Accord buite Pretoria die naweek. Sy eggenote Carol is steeds ernstig in die ... Lees verder


Anglo American se onttrekking weens stakings kan platinummyne in duie laat stort en Rustenburg in ’n spookdorp laat ontaard

2014-04-14
Adv Anton Alberts

Anglo American se uitsprake (volgens vandag se Business Day) dat hy ontslae wil raak van sy Rustenburgse platinummyne is uiters onheilspellend en toon duidelik dat die mynreus nou genoeg gehad het van die 3 maandelange staking wat verwoestend inwerk op Suid-Afrika se ekonomie, sê adv. Anton... Lees verder


« 1 2 ... 76 77 78 79 80 ... 100 101 »