Mediaverklarings

Die gedwonge huwelik wat nuwe SEB-teikens skep sal nie werk nie

2014-10-14
Adv Anton Alberts

Die nuwe teikens wat deur Swart Ekonomiese Bemagtiging geskep word, is onrealisties en ʼn kunsmatige en gedwonge sakevennootskap en sal so min werk as 'n liefdelose huwelik, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê dit is... Lees verder


SA Poskantoor (Sapo) erken ‘desperate’ finansiële situasie in onderhandelinge met strydende vakbonde

2014-10-10
Adv Anton Alberts

Onheilspellende selfoonboodskappe waarin stakende poskantoorwerkers aan Marikana herinner word en aangesê word om hulself te bewapen met ‘pangas en alle soorte wapens’ hang tans soos ʼn donker wolk oor die SA Poskantoor (Sapo)–staking en onderhandelinge, sê adv . Anton... Lees verder


E-tol soos 'n kanker wat uit die stelsel verwyder moet word

2014-10-10
Adv Anton Alberts

 

Die e-tolstelsel is soos ʼn kankergewas in die hoofslagaarstelsel van Suid-Afrika se ekonomiese spil en het ʼn verlammende effek nie net op die provinsie van Gauteng nie, maar op die land as geheel en moet daarom uit die stelsel verwyder word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Staat moet nou ingryp by SA Poskantoor (Sapo)-staking voordat dit heeltemal handuit-ruk

2014-10-09
Adv Anton Alberts

Alles dui daarop dat die gewelddadige poskantoorstaking totaal buite beheer kan raak en die VF Plus doen ʼn beroep op die regering om sterk in te gryp voordat dit landwyd dieselfde vlakke van intensiteit en geweld bereik as in Gauteng.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Met regstellende aksie kan Suid-Afrika gereed maak vir 'n kern-fiasko wat Chernobyl kan verdwerg

2014-10-09
Adv Anton Alberts

Die ANC-regering se onbevoegdheid en beleid soos regstellende aksie (RA) waarvan die vernietigende effek nou weer met die watervoorsiening in Gauteng gesien is, is die resep vir ʼn kern-fiasko wat Chernobyl na ʼn piekniek sal laat lyk, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Leer lesse uit verlede om plaasmoord-probleem op te los

2014-10-08
Dr Pieter Mulder

Nouer samewerking tussen die openbare sektor - die polisie - en die privaatsektor – die landbouers en plaaswerkers - is die enigste manier hoe plaasmoorde en veiligheid in die landelike gebiede verbeter sal kan word. In hierdie opsig moet lesse uit die verlede geneem word toe die... Lees verder


Transnet verloor nog ‘n ronde in die hof teen pensioenarisse

2014-10-03
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is verheug om te kan aankondig dat die Transnet-pensioenarisse nog ‘n ronde in die hof gewen het in hul stryd om menswaardige pensioenvoordele, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer.

Transnet en die twee pensioenfondse het verlof... Lees verder


Afrikaans word geboelie by PUK

2014-09-29
Dr Pieter Groenewald

"Afrikaans as taal van onderrig by die PUK-kampus van die Noordwes Universiteit (NWU) word nou die slaansak om ander probleme aan te spreek. Die PUK-kampus is uitnemend met sy vertaaldienste om nie-Afrikaanssprekende studente tuis te laat voel en steeds onderrig op tersiêre vlak op die... Lees verder


Anargie staar SA Poskantoor (Sapo) in die gesig weens swak leierskap en kommunikasie

2014-09-29
Adv Anton Alberts

Die voortslepende staking by die SA Poskantoor (Sapo) dreig nou om die instelling heeltemal lam te lê en inligting waaroor die VF Plus beskik dui daarop dat permanente personeel nou ook by die stakende deeltydse werkers gaan aansluit, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Inligting dui daarop dat poskantoor, nes alle ander staatsondernemings, bankrot is

2014-09-26
Adv Anton Alberts

Inligting wat nou in die VF Plus se besit gekom het, dui daarop dat die SA Poskantoor (Sapo), nes alle ander staatsinstellings, bankrot is, en dat dit die rede is waarom personeel van die poskantoor hierdie maand, vir ʼn heel eerste keer, nie op betaaldag betaal is nie, sê adv. Anton Alberts,... Lees verder


« 1 2 ... 74 75 76 77 78 ... 111 112 »