Mediaverklarings

Staatsbeheerde ondernemings dien as bewys dat staat hom nie moet inmeng in die ekonomie nie

2014-07-17
Adv Anton Alberts

Suid-Afrika se staatsbeheerde ondernemings laat veel te wense oor en dien as bewys dat die staat hom nie moet inmeng in die ekonomie nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Adv. Alberts het gister met die begrotingsposdebat vir... Lees verder


Is regering in staat om Taalwet vanjaar in werking te stel?

2014-07-17
Dr Pieter Mulder

Na jare se gesloer wat selfs in die hof gedraai het, lyk dit steeds nie of die regering die Taalwet vanjaar in werking gaan stel nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en die party se hoofwoordvoerder oor kuns en kultuur.

Dr. Mulder het vandag met die begrotingsposdebat vir die... Lees verder


Die behandeling van Afrikaans op TV laat die vraag oor die betaling van TV-lisensies weer opklink

2014-07-16
Dr Pieter Mulder

“Dit is ’n ernstige vraag waarom Afrikaanse TV-kykers wat nie meer die Afrikaanse televisie aandnuus kan sien nie, steeds TV-lisensies ten duurste moet betaal,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier in die Parlement aan die minister van Kommunikasie gevra. Dr. Mulder het aan die... Lees verder


Minister van justisie en korrektiewe dienste moet parool-aansoeke op meriete beoordeel

2014-07-16
Dr Pieter Groenewald

Parool-aansoeke, soos dié van Eugene de Kock, moet op meriete behandel word en moet nie politieke besluite wees nie, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Korrektiewe Dienste.

Dr. Groenewald sê ‘n man soos De Kock, wat duidelik ‘n politieke... Lees verder


ANC-regering gaan siektes opdoen deur saam met Cosatu in ’n bed te klim

2014-07-16
Dr Pieter Groenewald

Dit bly ‘n kwaal van die ANC en die regering van Suid-Afrika om apartheid die skuld te gee vir alles wat in die land verkeerd gaan en om in ontkenning te leef oor probleme wat daar wel is, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Arbeid.

... Lees verder

VF Plus sal minister hou by haar belofte oor moedertaal-onderrig

2014-07-16
Adv Anton Alberts

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se uitsprake oor moedertaal-onderrig is baie bemoedigend, en is een ligpunt op ‘n andersins donker onderwyshorison, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys.

Volgens adv. Alberts het... Lees verder


Veiligheid word misbruik om nuwe politieke elite in weelde te laat leef

2014-07-16
Adv Anton Alberts

Die department van openbare werke is soos ‘n pasiënt in die waakeenheid van ‘n hospitaal terwyl die ‘dokter’, in hierdie geval die land se staatshoof, ook ‘n siekte onderlede het wat ‘Nkandla-siekte’ genoem word, sê dr. Pieter Groenewald, die VF... Lees verder


SAUK tree ongrondwetlik op in sy afskaling van Afrikaans op TV

2014-07-15
Dr Pieter Groenewald

Die skuif van die Afrikaanse televisie aandnuus van TV2 na TV3 op die SAUK is ‘n verbreking van sekere ondernemings wat deur die SAUK-topbestuur oor Afrikaans gegee is. Dit bevestig verder die geleidelike vertrapping van Afrikaans en verontagsaam grondwetlike waarborge oor taal in Suid-Afrika ... Lees verder


Plaas groter klem op moedertaalonderrig

2014-07-15
Adv Anton Alberts

Welklinkende slagspreuke soos ‘Ontwikkel en ondersteun ‘n volhoubare Suid-Afrikaanse onderwysstelsel vir skole vir die 21 ste eeu’ toon ‘n skokkende verwydering van die werklikheid, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese... Lees verder


Sanral besig met dreigtaktiek teen padgebruikers

2014-07-15
Adv Anton Alberts

Die Vryheidsfront Plus is nie verbaas dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) twee vervolgers aangewys het om met Sanral saam te werk om moontlike strafregtelike vervolging van nie-betalers van e-tol te ondersoek nie en beskou dit as deel van ‘n veldtog van afdreiging deur Sanral, sê... Lees verder


« 1 2 ... 72 73 74 75 76 ... 103 104 »