Mediaverklarings

Uittrede uit aktiewe politiek

2014-05-19
Jaco Mulder

Ek oorweeg nou reeds vir ’n geruime tyd om met die oorgang na ’n nuwe termyn na die verkiesing van 2014 uit die politiek te tree.

Na ’n hele aantal gesprekke met my gesin, familie, vriende en rolspelers oor ’n tyd het ek besluit dat dit nou na die verkiesing en voor die... Lees verder


VF Plus-parlementêre span

2014-05-19
Dr Pieter Mulder

Die Vryheidsfront Plus gaan ’n ervare span lede in die parlement hê. Dit is dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier; dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die party; dr. Corné Mulder, hoofsweep van die party en adv. Anton Alberts.

Driekwart van die lede het elk meer as twintig jaar... Lees verder


VF Plus 13% groei en setelwins

2014-05-10
Dr Pieter Mulder


Mediaverklaring

Tien van die 13 politieke partye wat in 2009 tot die parlement verkies is, het in 2014 se verkiesing swakker gevaar waarvan 4 nie na die parlement gaan terugkeer nie.

Net drie politieke partye het sedert die 2009 verkiesing gegroei. Dit is die DA, die UDM en die Vryheidsfront... Lees verder


VF Plus doen beroep op kiesers van Gauteng om seker te maak ANC word geklop op stemdag

2014-05-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus se premierskandidaat vir Gauteng, adv. Anton Alberts, het vandag ‘n hernieude oproep op die kiesers van dié provinsie gedoen om in hul eie belang seker te maak die ANC word op Woensdag 7 Mei by die stembus geklop.

Adv. Alberts sê die ANC het Suid-Afrika en Gauteng na ... Lees verder


’n Party wat die politieke debat verloor, raak beledigend teenoor ander partye

2014-05-05
Rdl André Fourie

Wanneer ‘n party die politieke debat verloor is sy enigste verweer gewoonlik om teenstanders aan te val en te verkleineer, sê mnr. André Fourie, die VF Plus se premierskandidaat vir die Wes-Kaap en raadslid vir die Stad Kaapstad.

Mnr. Fourie het in ‘n toespraak in Tulbagh... Lees verder


Verbruikerskommissie voltooi ondersoek na ongerymdhede by vakansieklubs in Suid-Afrika

2014-05-02
Adv Anton Alberts

Die VF Plus kan vandag die goeie nuus aan lede van vakansieklubs bring dat die Verbruikerskommissie se ondersoek na ongerymdhede in die vakansieklub-industrie pas voltooi is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Die ondersoek is... Lees verder


VF Plus verkla DA by OVK oor verskeie oortredings van Kieswet

2014-05-02
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus het vandag vier klagte teen die DA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien rakende verskeie oortredings van die Kieswet en die verspreiding van vals inligting, sê dr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF Plus.

Die klagte gaan oor ‘n... Lees verder


E-tolstelsel: VF Plus in koalisieregering in Gauteng kan groot voordeel vir inwoners van die provinsie inhou

2014-05-02
Adv Anton Alberts

Die VF Plus sal as deel van ‘n moontlike opposisie-koalisieregering in Gauteng sorg dat die provinsiale regering van Gauteng die ANC-regering op nasionale vlak hof toe neem om e-tol ongrondwetlik te laat verklaar en te skrap, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementslid en... Lees verder


VF Plus gaan klag by Menseregtekommissie indien teen uitvoerende hoof van Transnet

2014-04-30
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan ‘n klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen mnr. Brian Molefe, uitvoerende hoof van Transnet, oor sy rassistiese en dreigende uitsprake teen pensioenarisse van Transnet, sê adv. Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

... Lees verder

Landbouers verdien meer respek van publiek en politici

2014-04-29
Dr Pieter Mulder

Daar is nie genoeg waardering by Suid-Afrika se publiek en by sommige politieke leiers vir die belangrike rol wat landbouers in die land speel nie.

Dit was die tema van die boodskap van dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye vanoggend op die Bloemskou in Boemfontein... Lees verder


« 1 2 ... 68 69 70 71 72 ... 93 94 »