Mediaverklarings

Kommer oor standaard en veiligheid van lugvaart in Suid-Afrika na byna noodlottige ongeluk by Port-Elizabeth Lughawe

2014-07-25
Adv Anton Alberts

Daar sal indringend ondersoek gedoen moet word na die veiligheid van lugvaart in Suid-Afrika na ‘n ‘byna noodlottige ongeluk’ twee weke gelede (10 Julie) by die lughawe in Port Elizabeth, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer.

... Lees verder

Regering se heroopstel van grondeise is onwerkbaar en net leë beloftes

2014-07-23
Dr Pieter Groenewald

Die heroopstel van grondeise in die regering se restitusie-program was ‘n fout en is onwerkbaar sê, dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Dr. Groenewald het met die begrotingsdebat van die department van... Lees verder


Aanhoudende tekorte in weermag-begroting reduseer dit tot ’n grenswag

2014-07-23
Dr Pieter Groenewald

‘n Jarelange tekort aan ‘n behoorlike begroting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) reduseer dit nou byna tot ‘n grenswag wat net goed genoeg is om patrollies te doen,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder vir verdediging en... Lees verder


Regering se eensydige Palestynse standpunt is kortsigtig

2014-07-23
Dr Pieter Mulder

Die Suid-Afrikaanse regering en president Zuma se ongebalanseerde en eensydige standpuntinname ten gunste van die Palestyne en teen Israel tas Suid-Afrika se internasionale geloofwaardigheid aan. Met hierdie standpunt skiet die Suid-Afrikaanse regering homself ook in die voet en verseker dat ons... Lees verder


Twee van EFF uit parlement gejaag in debat oor grond

2014-07-23
Dr Pieter Groenewald

Dit kan nie langer geduld word dat aanhoudend in die parlement gesê word wittes het swartes se grond in Suid-Afrika gesteel nie. Want dan kan ook gesê word swart mense het grond van die Khoi en die San gesteel, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Sanral besig met tydrowende proses om skuld te verhaal van oneerlike kontrakteurs wat tolpadstelsel gehelp bou het

2014-07-23
Adv Anton Alberts

Sanral het nog geen sent verhaal van oneerlike kontrakteurs wat saamgespan het om tenders te bekonkel met die bou van die tolpadstelsel nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Dit is nieteenstaande die feit dat die Mededingingstribunaal tot op... Lees verder


Raadslid van Mogale City koelbloedig doodgeskiet

2014-07-22
Die Redaksie

Terwyl die land steier onder die afgelope week se misdaadvlaag wat die wrede dood van ‘n vierjarige kleuter in ‘n motorkaping insluit, is ‘n raadslid van die IVP die afgelope naweek in Mogale City, tydens ‘n openbare vergadering koelbloedig doodgeskiet toe hy ‘n... Lees verder


Parlement faal inwoners van Suid-Afrika deur Nkandla nie te ondersoek

2014-07-22
Dr Corné Mulder

Die vyfde parlement van Suid-Afrika het die land se inwoners gefaal deur nie die Openbare Beskermer (OB) se verslag oor Nkandla te laat ondersoek nie, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die Vryheidsfront Plus.

Dr. Mulder het vandag met die parlement se begrotingsposdebat gesê... Lees verder


VF Plus sal pogings om Transnet-pensioenfonds te ontbind, op elke moontlike manier beveg

2014-07-21
Adv Anton Alberts

Enige poging van Transnet en die staat om ‘n pensioenfonds van 62 160 oud-werknemers te ontbind, sal ‘n menseregteskending van die ergste graad wees en die VF Plus sal elke moontlike stap neem om dit te beveg, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder... Lees verder


Wrede sleepdood van kind wys misdaad in Suid-Afrika is buite beheer

2014-07-21
Adv Anton Alberts

Die wrede sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris van Delmore Park, Boksburg, aan die hand van kapers, wys ondubbelsinnig dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is, al word dit hoe hard ontken deur die ANC-regering, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se leier in Gauteng.

Hy sê... Lees verder


« 1 2 ... 65 66 67 68 69 ... 97 98 »