Mediaverklarings

Vrystaatse munisipaliteite is in 'n onoorkombare donker gat

2014-11-17
Wouter Wessels

Daar is verskeie munisipaliteite in die Vrystaat wat so ʼn groot finansiële krisis beleef dat daar voorwaardelike infrastruktuur-toekennings vir operasionele kostes gebruik word, salarisse nie betaal kan word nie en verpligte salarisaftrekkings nie aan derde partye, soos SARS en pensioenfondse... Lees verder


ANC se onbevoegdheid om diens te lewer skep teelaarde vir EFF-opportunisme om grond by Pretoria te laat beset

2014-11-13
Adv Anton Alberts

Die EFF wat mense buite Pretoria aanmoedig om wederegtelik grond te beset, is besig met ʼn speletjie om politieke punte aan te teken en gebruik op opportunistiese wyse die teelaarde wat die ANC met sy gebrek aan dienslewering skep, vir hierdie doel, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


VF Plus toon sy minagting vir Nklandla-verslag deur dit op te skeur

2014-11-13
Dr Corné Mulder

Die parlementêre ad hoc-komitee se verslag oor Nkandla is ʼn blatante poging om pres. Jacob Zuma te verontskuldig, en die VF Plus het dit in die parlement opgeskeur om op die sterkste manier moontlik sy afkeur daarin te toon, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofsweep.

Dr.... Lees verder


Verkragtings in en deur polisie neem kommerwekkend toe

2014-11-12
Dr Pieter Groenewald

Volgens die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) het die aantal klagtes van verkragtings wat deur polisielede gepleeg is in ses maande (April - September 2014 teenoor dieselfde tydperk in 2013) met 25% toegeneem en verkragtings van persone in aanhouding het met 160% toegeneem. Die OPOD... Lees verder


Staat moet ware knelpunte in staatsdiens erken en dit regstel

2014-11-11
Dr Pieter Mulder

Die besprekingspunte op ʼn internasionale konferensie wat die staatsdienskommissie tans in Pretoria aanbied, dui daarop dat die regering nie in voeling is met die ware probleme wat die staatsdiens lamlê nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Die tema van die konferensie is:... Lees verder


VF Plus kry versekering van kommissie vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) dat kwytgeskelde mikro-ondernemings beskerm sal word teen gedwonge SEB

2014-11-11
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag die versekering van die kommissie vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) gekry dat sakeondernemings met ʼn omset van minder as R10 miljoen per jaar van alle SEB-teikens kwytgeskeld word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

... Lees verder

Suid-Afrikaanse landsburgers betaal self vir die ondermyning van hul vryhede

2014-11-11
Adv Anton Alberts

ʼn Seker pad na knegskap vir ʼn land se inwoners is wanneer hy ʼn staat het wat alleen-seggenskap en beheer oor alle landsake wil hê, sê adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder van die VF Plus oor Ekonomie.

Hy sê feitlik alles wat Suid-Afrikaners doen word deur die staat ... Lees verder


Regering mislei parlement en publiek oor die aanwending van geld uit e-tol

2014-11-06
Adv Anton Alberts

Dit blyk dat die regering oneerlik is met die parlement en die publiek van Suid-Afrika oor die aanwending van inkomste uit e-tol en die VF Plus gaan eis dat die minister met die waarheid hieroor vorendag kom, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

... Lees verder

VF Plus en Tag se siening is steeds dat die e-tolstelsel ongrondwetlik en onwettig is

2014-11-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus neem kennis van die stelling van die minister van vervoer, Dipuo Peters, dat die e-tolstelsel wettig is, maar verskil drasties van haar aangesien die meriete van die hofsake wat Outa en TAG hieroor aanhangig gemaak het, nog nie deur ʼn hof getoets is nie, sê adv. Anton Alberts, die ... Lees verder


Wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in SA

2014-11-04
Dr Pieter Groenewald

Wettige vuurwapen-eienaars is nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie en daar moet eerder gefokus word op ander oorsake soos die SA Polisiediens wat meer as 18 000 vuurwapens in net vyf jaar verloor het, sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van die VF Plus oor polisie.

... Lees verder

« 1 2 ... 63 64 65 66 67 ... 102 103 »