Mediaverklarings

Blade Nzimande se hoër onderrigbeleid gaan lei tot die vernietiging van Afrikaans op tersiêre vlak

2014-11-26
Adv Anton Alberts

Geen plek meer in Suid-Afrika vir ʼn enkel Afrikaans-universiteit nie. Dit is een van die kommerwekkende antwoorde wat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus gegee het waaruit dit nou duidelik bly dat Afrikaans se dae getel is as... Lees verder


Eskom-hoof kry R22,775 miljoen toe hy loop en gemors agterlaat

2014-11-25
Dr Pieter Groenewald

Eskom se voormalige hoof uitvoerendebeampte (HUB), mnr Brain Dames wat op 31 Maart 2014 bedank het, het R 22, 775 miljoen vergoeding in sy bedankingsjaar ontvang. ’n Betaling van R 5,007 miljoen net vir beëindiging van sy dienste is betaal. Hy het ’n terugbetaling van R 1,9 miljoen ... Lees verder


Poskantoor betaal sy werkers laat

2014-11-25
Adv Anton Alberts

In die voortslepende poskantoor-stakingsdebakel is ʼn groot groep werkers wat koerierdienste verrig, gister eers in kennis gestel dat hulle weens ‘kontantvloei-probleme’ ʼn dag laat betaal sal word (eers op 26 November), sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


VF Plus gaan Openbare Beskermer vra om aanstelling van PetroSA-voorsitter te ondersoek

2014-11-24
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan die Openbare Beskermer (OB) vra om die omstandighede rondom die aanstelling van PetroSA se nuwe voorsitter, Tshepo Kgadima, te ondersoek, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Luidens berigte in die Business Day en Die Burger... Lees verder


Ooreenkoms kan einde bring aan staking by poskantoor wat in 'n skrywe erken sy toekoms is in die weegskaal

2014-11-21
Adv Anton Alberts

Uit skrywes in die VF Plus se besit blyk dit dat ʼn ooreenkoms moontlik bereik is in die uitgerekte poskantoorstaking en werkers word in ʼn interne memorandum aangesê om ‘onmiddellik’ terug te keer werk toe om die poskantoor weer ‘op te bou’.

Adv. Anton Alberts, die VF... Lees verder


Chaos in gesondheidsorg wys dat NGV nie sal werk nie

2014-11-20
Wouter Wessels

Wouter Wessels, VF Plus-LPW, het vandag tydens 'n sitting van die Vrystaatse Wetgewer in 'n lidverklaring gesê dat die huidige chaotiese toestand van die openbare gesondheidsisteem in die Vrystaat en elders in Suid-Afrika duidend van die feit is dat enige gedagte oor die implementering van 'n ... Lees verder


Vrede-suiwelskema bewys dat regstellende aksie geskrap moet word

2014-11-20
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die nuutste verwikkeling by die Vrede-suiwelskema, naamlik dat melkproduksie drasties gestyg het en dat die diere se kondisie van so aard verbeter het dat hierdie projek volgens berigte nou produktief melk kan lewer.

Die feit dat mnr. Quintin Blom, wat ondervinding ... Lees verder


Droewige stand van die Vrystaat se finansies

2014-11-20
Wouter Wessels

Die Provinsiale Aanwasbegroting wat vandag in die Vrystaatse Wetgewer ter tafel gelê is, is duidend op die droewige finansiële stand van die Vrystaat en Suid-Afrika.

Die feit dat ʼn verdere R36,5 miljoen deur die aanwasbegroting aan die departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning ... Lees verder


ANC het nie erns met sy verpligtinge teenoor die Internasionale Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte

2014-11-18
Adv Anton Alberts

In nog ʼn voorbeeld van die ANC-regering se onbeholpenheid en sy minagting van minderhede, het dit aan die lig gekom dat die regering na vyftien jaar nog nie sy verpligtinge teenoor die Verenigde Nasies (VN) se Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte nagekom het nie, sê adv. Anton Alberts, ... Lees verder


VF Plus gaan regering vra om regstellende aksie (RA) amptelik af te skaf

2014-11-17
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan die ANC-regering versoek om weg te doen met regstellende aksie (RA) in die openbare sektor aangesien rasse-teikens reeds bereik is en dit nou diskrimineer teen minderhede soos wit en bruin, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor arbeid.

Die ... Lees verder


« 1 2 ... 62 63 64 65 66 ... 102 103 »