Mediaverklarings

Inligting dui daarop dat poskantoor, nes alle ander staatsondernemings, bankrot is

2014-09-26
Adv Anton Alberts

Inligting wat nou in die VF Plus se besit gekom het, dui daarop dat die SA Poskantoor (Sapo), nes alle ander staatsinstellings, bankrot is, en dat dit die rede is waarom personeel van die poskantoor hierdie maand, vir ʼn heel eerste keer, nie op betaaldag betaal is nie, sê adv. Anton Alberts,... Lees verder


Suid-Afrikaners van alle rasse verkies moedertaalonderrig wys navorsing van Ipsos-Markinor

2014-09-25
Adv Anton Alberts

Meer as twee derdes van Suid-Afrikaners van alle rasse is van mening dat kinders die reg het om in hul moedertaal onderrig te word blyk uit ʼn meningspeiling van die navorsingsinstelling Ipsos-Markinor wat pas bekend gemaak is.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor... Lees verder


Erfenisdag 2014

2014-09-24
Dr Pieter Groenewald

“Erfenisdag is 'n dag waarop elkeen respek moet hê vir ander kulture en erfenisse wat verskil van joune. Suid-Afrika is 'n land met elf amptelike tale en is aanduidend van ons diversiteit en heterogene bevolking. Indien ons mekaar nie respekteer nie is dit 'n resep vir konflik.

Elkeen... Lees verder


VF Plus rig versoek om hulp na brande in Harrismith-distrik

2014-09-19
Die Redaksie

Die VF Plus is verslae oor die talle veldbrande wat die afgelope weke in die Oos-Vrystaat gewoed het en meer spesifiek gister se veldbrande wat onberekenbare skade buite Harrismith aangerig het.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, het bevestig dat ʼn paar huise, baie ... Lees verder


Misdaadstatistiek – Suid-Afrika meer gewelddadig

2014-09-19
Dr Pieter Groenewald

"Die nuutste misdaadstatistiek toon dat Suid-Afrika ʼn meer gewelddadige land geword het. Geweldsmisdade wat persone direk raak soos moord, roof en motorkapings het aansienlik toegeneem. Moord het met 5% toegeneem en meer as 17 000 moorde is gepleeg. Suid-Afrika se moordsyfer is nou 32,2 per 100 000 ... Lees verder


Skotte verdien lof oor vreedsame wyse waarop selfbeskikking nagejaag word

2014-09-19
Dr Corné Mulder

ʼn Groeiende nasionalisme en versugting na selfbeskikking by die Skotte blyk duidelik daaruit dat die Skotse Nasionale Party (SNP) in 2007 slegs 32,9% steun gehad het terwyl byna 44,5% nou in die referendum hul steun aan die selfbeskikkingsidee van die SNP toegesê het, sê dr.... Lees verder


Bekendmaking van ledebelange wys verstommende vinnige pad na rykdom van ANC-regeringskliek

2014-09-19
Adv Anton Alberts

Nie sedert die ontstaan van die Boererepublieke, die SA Unie en later die Republiek van Suid-Afrika het regeringsleiers hulself so vinnig verryk soos mense in die dampkring van die ANC-regering tans doen nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies.

... Lees verder

Staat kan blaadjie neem uit meriete-aanstellings van lugvaart-owerheid

2014-09-17
Adv Anton Alberts

Goeie nuus vir almal wat vlieg is dat lugvaart een gebied is waar Suid-Afrika te danke aan internasionale verdrae en reëls moet voldoen aan internasionale standaarde en waar alle aanstellings, veral sleutel-aanstellings in die private en openbare sektor, op meriete gedoen word.

In antwoord op ... Lees verder


VF Plus behaal deurbraak ten opsigte van vakansieklubkwessie

2014-09-16
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag in die portefeuljekomitee van handel en nywerheid van die Verbruikerskommissie verneem dat daar sterk stappe geneem gaan word om die probleme in die vakansieklub-industrie op te los.

Dit kom nadat die VF Plus verlede jaar klagtes by die komitee ingedien het rondom... Lees verder


Mosie teen Speaker van Nasionale Vergadering geregverdig

2014-09-16
Dr Pieter Mulder

Die ervaring van opposisiepartye is dat die Speaker van die Nasionale Vergadering met elke nuwe parlement toenemend sy of haar neutraliteit prysgee. Dit is waarom die opposisie se mosie van wantroue teen die Speaker onvermydelik was, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder... Lees verder


« 1 2 ... 61 62 63 64 65 ... 97 98 »