Mediaverklarings

Staat kan blaadjie neem uit meriete-aanstellings van lugvaart-owerheid

2014-09-17
Adv Anton Alberts

Goeie nuus vir almal wat vlieg is dat lugvaart een gebied is waar Suid-Afrika te danke aan internasionale verdrae en reëls moet voldoen aan internasionale standaarde en waar alle aanstellings, veral sleutel-aanstellings in die private en openbare sektor, op meriete gedoen word.

In antwoord op ... Lees verder


VF Plus behaal deurbraak ten opsigte van vakansieklubkwessie

2014-09-16
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag in die portefeuljekomitee van handel en nywerheid van die Verbruikerskommissie verneem dat daar sterk stappe geneem gaan word om die probleme in die vakansieklub-industrie op te los.

Dit kom nadat die VF Plus verlede jaar klagtes by die komitee ingedien het rondom... Lees verder


Mosie teen Speaker van Nasionale Vergadering geregverdig

2014-09-16
Dr Pieter Mulder

Die ervaring van opposisiepartye is dat die Speaker van die Nasionale Vergadering met elke nuwe parlement toenemend sy of haar neutraliteit prysgee. Dit is waarom die opposisie se mosie van wantroue teen die Speaker onvermydelik was, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder... Lees verder


ANC transformeer land agteruit oor die laaste twintig jaar

2014-09-12
Dr Pieter Mulder

Die ANC-regering het Suid-Afrika op vele terreine agteruit laat boer oor die laaste twintig jaar terwyl die organisasie self agteruit gegaan het wat mense-kapitaal op die gebied van leierskap aanbetref, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag by Unisa in Pretoria... Lees verder


'n Samelewing word gemeet aan die wyse waarop hy sy vroue en kinders behandel

2014-09-11
Adv Anton Alberts

ʼn Samelewing wat geweld teen vroue en kinders toelaat, is op ʼn glybaan waar enigiets eindelik toegelaat sal word, en statistiek van die staat oor hierdie aangeleentheid toon ongelukkig aan dat Suid-Afrika in hierdie verband reeds op geleende tyd leef, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Vermorste onderwysbegroting moet liefs gebruik word om skoolstelsel te verbeter

2014-09-09
Adv Anton Alberts

Die onderwysdepartement moet sy plig nakom en werkbare skole bou met die reuse begroting wat hy jaarliks ontvang, eerder as om ʼn las op reeds swaar belaste ouers te plaas om beter onderrig aan minder gegoede leerlinge te gee, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre... Lees verder


Regering se verwarrende uitsprake oor grond doen landbou groot skade aan

2014-09-09
Dr Pieter Mulder

DIE ANC-regering se verwarrende uitsprake oor grond skep onsekerheid wat besig is om groot skade aan landbou in Suid-Afrika te veroorsaak, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met 'n ledeverklaring in die parlement gesê aan die een kant het... Lees verder


VF Plus sal eerskomende Vrydag (12 September) antwoorde vra van Verbruikerskommissie oor vakansieklubs

2014-09-08
Adv Anton Alberts

Die VF Plus sal die Verbruikerskommissie eerskomende Vrydag (12 September) om antwoorde vra nadat die kommissie vroeër vanjaar onderneem het om sy lank verwagte verslag oor vakansieklubs teen die begin van hierdie maand bekend te maak, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Verklaar Oos-Vrystaat tot rampgebied

2014-09-05
Wouter Wessels

Die VF Plus eis dat die Oos-Vrystaat as ʼn rampgebied verklaar word nadat meer as 100 000 hektaar weiding deur veldbrande vernietig is.

Hierdie geweldige verlies het ʼn groot sosio-ekonomiese impak op die plaaslike gemeenskap. Om voedselsekerheid, werkskepping en landelike ontwikkeling te verseker,... Lees verder


Tuisonderrig die alternatief vir openbare skole

2014-09-04
Die Redaksie

Die toenemende probleme in openbare skole in Suid-Afrika het tot gevolg dat die tuisonderrigstelsel al hoe gewilder raak as alternatief, sê Amanda de Lange, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus se federale vrouekomitee.

De lange sê die aansoek van Hans Pietersen en sy... Lees verder


« 1 2 ... 58 59 60 61 62 ... 93 94 »