Mediaverklarings

VF Plus verwelkom DA-raadslid in Krugersdorp

2016-06-16
Adv Anton Alberts

Tjaart Steenkamp wat tien jaar as DA-raadslid in Krugersdorp gedien het, het besluit om by die VF Plus aan te sluit, sê adv. Anton Alberts, VF Plus Gauteng leier.

“Tjaart Steenkamp is ‘n groot aanwins vir die VF Plus. Hy was een van die top presterende DA-raadslede en dit... Lees verder


MRK gee pres. Jacob Zuma tot 4 Julie vanjaar om te antwoord op klagte van haatspraak

2016-06-15
Adv Anton Alberts

Die Menseregtekommissie (MRK) het president Jacob Zuma in kennis gestel dat hy teen 4 Julie (vanjaar) moet antwoord op ʼn klag van haatspraak wat die VF Plus by die MRK ingedien het.

Dit spruit uit uitlatinge wat pres. Zuma in Januarie verlede jaar oor Jan van Riebeeck gemaak het toe hy onder meer... Lees verder


Grondwethof striem OVK

2016-06-14
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat die verkiesing op 3 Augustus vanjaar voortgaan nieteenstaande probleme rondom woonadresse op die kieserslys, sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die uitspraak maak dit duidelik dat die... Lees verder


Emfuleni munisipaliteit stel mense se lewens in gevaar

2016-06-13
Die Redaksie

Inwoners van Jane Austinstraat in SW1 is radeloos nadat hul oproepe en klagtes al langer as ‘n jaar deur die Emfuleni-munisipaliteit geïgnoreer word. Selfs die kontrakteurs wie namens die munisipaliteit waterlesings neem, het die probleem herhaaldelik aangemeld sonder enige sukses,... Lees verder


VF Plus praat met Gautengse polisiehoof oor misdaad

2016-06-13
Adv Anton Alberts

Die aanval op mnr. Johan du Toit (57), onderhoof van die laerskool Akasia in Pretoria, sal hoog op die agenda wees wanneer adv. Anton Alberts, VF Plus-LP en leier in Gauteng, Woensdag met die Gautengse polisiehoof gesprek voer oor die toename in ernstige geweldsmisdaad in dié provinsie.

... Lees verder

Oproepe om rugby-boikot wys hoe keelvol publiek raak vir politieke inmenging in sport

2016-06-13
Adv Anton Alberts

Gegewe die kreeftegang van Suid-Afrikaanse rugby met onlangse rekord-laagtepunte soos nederlae teen Japan en ʼn 14-man Ierse span, moet die regering kennis neem van die publiek se groeiende ontevredenheid met politieke inmenging in sport, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se... Lees verder


Onverantwoordelike uitsprake vernietig die ekonomie

2016-06-10
Dr Pieter Mulder

“Die kernprobleem op die oomblik in Suid-Afrika is dat die ANC-regering kiesers se stemme en populisme bo die herstel van die ekonomie verkies. Dit is uiters onverantwoordelik en kortsigtig,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier tydens ʼn verkiesingsvergadering op Vaalwater in Limpopo... Lees verder


VF Plus verwelkom aankondiging oor misdaadstatistiek

2016-06-09
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van minister Jeff Radebe, minister in die presidensie, dat misdaadstatistiek nou kwartaalliks en jaarlikse bekend gemaak sal word, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê die VF Plus vra al langer... Lees verder


VF Plus-voorlegging aan Onafhanklike Transformasiekomitee van Universiteit van Pretoria

2016-06-06
Adv Anton Alberts

Die pogings om Afrikaans te marginaliseer is niks anders nie as politieke dwepery en ʼn poging om aggressiewe studente-bewegings soos dié van die EFF te paai om vrede ten alle koste te bewerkstellig.

Dit is die kern van die boodskap van die VF Plus in sy voorlegging aan die Onafhanklike... Lees verder


Sport kan nie die melkkoei van die ANC word nie

2016-06-06
Adv Anton Alberts

Alles in Suid-Afrika wat nog goed funksioneer moet afgetakel en leeggemelk word terwyl daar geen teken is van nuwe staatinisiatiewe om die staatskoffers aan te vul nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.

Adv. Alberts sê ʼn berig in die... Lees verder


« 1 2 ... 4 5 6 7 8 ... 100 101 »