Mediaverklarings

Schaik-aansoek vir gewone parool skandalig

2015-02-23
Dr Pieter Groenewald

“Shabir Schaik se aansoek om sy mediese parool om te skakel in gewone parool, is bewys dat sy mediese parool ʼn klug was. Vir mediese parool moes hy terminaal siek gewees het, en indien hy nou genees is, moet omvattende inligting beskikbaar gestel word watter mediese behandeling hy ontvang... Lees verder


Twaalf punte waaraan die premier van Gauteng aandag moet gee

2015-02-20
Die Redaksie

Met die oog op die jaarlikse opening van die Gauteng Wetgewer eerskomende Maandag en die lewering van die premier, David Makhura se provinsiale rede, het die VF Plus in Gauteng ʼn 12 punt plan voorgestel waaraan die premier dringend moet aandag gee.

Die VF Plus sê dat die inwoners van Gauteng ... Lees verder


ANC-regering se onteienings- en beleggingswetsontwerpe bekommer Franse regering

2015-02-20
Adv Anton Alberts

Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, mev. Elisabeth Barbier, het in ʼn gesprek met die VF Plus haar kommer uitgespreek oor die ‘rigting’ wat die ANC-regering inslaan en sê hulle voel nie ‘gemaklik’ oor Franse beleggings in Suid-Afrika nie, sê adv. Anton Alberts, ... Lees verder


Daspoort sewe maande in die donker

2015-02-19
Die Redaksie

Moedelose inwoners van Daspoort het die VF Plus genader en gevra om in te tree nadat hulle tevergeefs verskeie versoeke aan die Tshwane-metroraad gerig het om straatligte in Ribbenstraat, Daspoort te herstel.

Rdl. Barend Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het op versoek van... Lees verder


Menseregtekommissie gaan pres. Zuma se Jan van Riebeeck-uitlatings vir haatspraak ondersoek na klagte van die VF Plus

2015-02-18
Adv Anton Alberts

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan die onlangse uitlatings van pres. Jacob Zuma oor Jan van Riebeeck ondersoek na ʼn klag van die VF Plus wat aanvoer dat dit op haatspraak teenoor wit mense neerkom, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Pres.... Lees verder


Rou riool en bloedwater vloei in Nala se strate

2015-02-17
Die Redaksie

Die Vryheidsfront Plus in die Nala-munisipaliteit is geskok oor hoe min die munisipaliteitsbestuur werklik vir sy dorpe omgee. Die totale verval van die munisipaliteit se rioolwerk wat in so ʼn haglike toestand is dat rou riool en bloedwater in Bothaville en Wesselsbron se strate vloei, is ʼn... Lees verder


Stop magsvergrype deur metropolisie

2015-02-17
Die Redaksie

Die VF Plus is geskok oor die gedrag van metropolisie beamptes wat vroue en kinders aanrand. So sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus raadslid in die Tshwane Metroraad, nadat Geneel Maritz (20) verlede week deur ʼn beampte in Van der Hofweg, Pretoria van die pad getrek is. Sy is glo deur die beampte... Lees verder


Malakane, Leeto en ANC direk verantwoordelik vir chaos in Matjhabeng

2015-02-16
Wouter Wessels

Matjhabeng-munisipaliteit se erge finansiële krisis, die swak tot geen dienslewering en die vries van die munisipaliteit se bankrekening is as gevolg van jare se swak bestuur en ongerymdhede.

Die VF Plus blameer die vorige munisipale bestuurder, die huidige LUR vir gesondheid, mnr. Benny... Lees verder


Suid-Afrika raak toenemend ‘n polisiestaat

2015-02-16
Adv Anton Alberts

Al hoe meer voorvalle waarin die polisie betrokke is – soos dié waar ʼn epilepsielyer glo weens dronkenskap aangekla is - laat vrese ontstaan dat Suid-Afrika toenemend na ʼn polisiestaat neig waar swak opgeleide polisielede soos boelies optree teenoor die publiek wat hulle veronderstel... Lees verder


VF Plus-reaksie op pres. Zuma se 2015-staatsrede

2015-02-12
Dr Pieter Mulder

Pres. Zuma het die geleentheid gemis om deur die staatsrede hoop en sekerheid te bring vir die toekoms. Die staatsrede was oninspirerend en ʼn herhaling van die ou bekende sake sonder enige nuwe inisiatiewe.

Wat die buitelandse beleggers betref stuur die president botsende boodskappe en is dan... Lees verder


« 1 2 ... 56 57 58 59 60 ... 102 103 »